BLOMKOOL EN FETAKAAS GEBAK
BLOMKOOL EN FETAKAAS GEBAK:
300g blomkool
300g broccoli
200g vars sampioene
2 knoffelhuisies, gekneus
4 eiers, geklits
250g maaskaas
gemaalde swartpeper
5ml droë tiemie
20ml vars gekapte pietersielie
100g gekrummelde fetakaas
Breek blomkool en broccoli in klein blommetjies.
Kook ‘n bietjie water in ‘n kastrol.
Voeg die blomkool, broccoli, sampioene en knoffelhuisies by die kokende water.
Kook die groente mengsel tot net gaar maar nie pap nie.
Dreineer. Meng eiers en maaskaas.
Skep groente mengsel in ‘n bakskottel.
Strooi peper, tiemie, pietersielie en fetakaas oor die groente mengsel.
Bak teen 180C vir 60 minute of tot gestol.
Laat 10 minute afkoel voor die gereg bedien word.