Blikpotjie

BLIKPOTJIE

1 x groot blik ingelegde iets.
Sny blik oop, maar nie heeltemal nie, sodat die deksel weer kan terugvou as bedekking wanneer kos op vuur gesit word.
Gooi inhoud uit en hou of eet soos verkies.

Plaas in leë blik:
1/3 koppie rys.
1 koppie water
1/2 fyngesnyde ui.
1 klein aartappel, in blokkies gesny ( opsioneel)
1/2 koppie gekerfde groente ( wortels) ( opsioneel)
sout.
100 gram maalvleis/ bully beef ( fyn opgesny)
Plaas blik op vuur en kook totdat rys gaar is.
Voeg water by indien nodig. Roer indien nodig. 1 Groot maaltyd vir 1 – 2 mense.