5.0
03

Biltongpot

Ook ‘n baie vinnige en heerlike gereg en niks hoef ontdooi te word nie… hoop die biltong is nog nie opgeëet nie!

6 Uie, gekerf
5 Pakke 250g sampioene of 5 blikke 410g geroomde sampioene
1 kg Biltong
5 Blikke pitmielies of geroomde ‘sweet corn’
5 Pak noedels (gaargemaak)
2 Green peppers, in repies gesny
5 pakkies witsous of kaassous, word met kookwater aangemaak (5 boksies langlewe room kan ook gebruik word ipv sous)
5 koppies gerasperde cheddarkaas (opsioneel as jou kaas al op is)

• Braai uie en sampioene. Voeg green pepper, mielies en biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Gooi sous of room oor. Plaas laaste die kaas boop.
• Hou pot op stadige kole totdat die kaas gesmelt het.
• Die ander stuk raad is om nie te veel met die bestanddele in die pot te vroetel nie, anders sit jy met ‘n pappery. Vleis kook eers sag, dan kom die groente in lae by. Dan een vinnige roersel voor opskep oor rys of stampmielies.
• Maar kom ons kom by die kos uit. (Alle resepte is vir die nommer 3-driepootpot en min of meer genoeg vir ses mense. Onthou dat die pot nooit meer as driekwart vol kos moet wees nie anders gaan daar nie genoeg stoom opbou om als te laat kook nie.)

Biltong potjie (10 mense)

3 uie gekap
1 gekapte rooipeper
1 gekapte groenpeper
1 blik pynappels
1 ‘tastic savory rice’
1 kg rou rys
1 pakkie ‘spice up your rice’
1 blik pitmielies
500 g gekerfde biltong
1 pakkie klein knoppie sampoeine
1 blik wortel blokkiesringetjies
250 g gerasperde kaas

• Braai uie, rooi- en groenpepper. Meng rys met savory rice en spice up your rice.
• Meng met 2 lt water en gooi rou in die pot. Prut rys tot sag en gaar.
• Voeg pitmielies, wortels en pynappel in. Sous van pynappel kan ook in die pot. Kook vir 20 min en voeg sampioene in. nog 15 min kook dan gaar.
• Wanneer rys sag is laaste net voor opskep roer die biltong in en gooi gerasperde kaas bo-op die rysmengsel.
• Deksel terug vir 5 min net vir kaas om te smelt. Skep dadelik op en geniet.

Hoender-biltong-en-spekpotjie
Sous
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 k) kookwater
500 ml (2 k) droë witwyn
250 ml (1 k) blatjang
46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5 ml (1 t) gedroogde tiemie
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 t) suurlemoenpeper

Hoendergereg
15 ml ( 1e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)
50 ml Brandewyn
10 ml (2 t) gekapte knoffel – opsioneel
2 uie, in ringe gesny
1/2 groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250 ml ( 1 k) gerasperde Cheddarkaas
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle

Metode – Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en boeg dit by. Hou die sous eenkant.

Hoendergereg
• Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin.
• Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie.
• Strooi die uie, soetrissie en selderu oor die hoender en plaas daarnedie aartappled en wortels bo-op.
• Giet die sous oor: Plaas die deksel op en lat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig.
• Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.