WEN ‘n paar Hi-Tec skoene

Jy kan kies wat jy wil doen.

Neem ‘n foto van die onderkant van jou skoen en plaas dit op jou facebook of Instagram blad. TAG vir @LekkeR Kampplekke en HASHTAG #wenhitec  en #lekkerkampplekke

Stuur vir ons jou kampstorie met 300 woorde en een foto na lekkerkampplekke@gmail.com  Ons plaas dalk jou storie in ons Kamp is Lekker Tydskrif.

Beste stapskoene vir enige avontuur

Ek was  deur Hi-Tec genader om ‘n paar van hulle Altitude v ultra i wp wide stapskoene te gaan uittoets.  Ek het dadelik na ons handelswinkel in die dorp gegaan om te gaan kyk hoe die skoene lyk. Ek was baie beindruk met die sjokoladebruin kleur en omdat dit in leer is het ek geweet die skoene gaan my vir baie jare hou.  Wat vir my baie opmerklik was is die gewig van die skoene.  Hulle is inderdaad veerlig, baie ligter as wat dit op die oog af lyk. Ek kon sommer dadelik voel, hierdie Hi-Tec Altitude v ultra i wp wide gaan lekker loop. Doen jouself ‘n guns en gaan pas ’n paar aan as jy dink ek oordryf.

Stapskoene is seker jou belangrikste item van loopgereedskap. Nie alleen wil jy die beste paar kies vir jou gesondheid en prestasie nie, maar jy wil ook seker maak dat jy jou geld spaarsaam spandeer.  Dit is goed om te weet wat om te soek in ‘n goeie stapskoen en hoe om te weet dat die paar wat jy kies, die regte stel skoene is vir jou loopstyl.

Ons almal ken iemand wat dieselfde paar Hi-Tec skoene al 100 jaar dra. Ek het gehoor ’n stapskoen se leeftyd is sowat 1000 km. Die leer bo-stukke hou mos vir ewig, maar die skoen het tegnologie in sy sole wat skok absorbeer.
Net soos jou 4×4 bakkie vervang moet word met Tough Dog skokbrekers, moet die skokbrekers in jou skoene vervang word.

As jy ’n swaar sak op jou rug gaan dra, voorheen met swak enkels gesukkel het, of so bietjie oorgewig is soos ek gaan jy bly wees oor die Hi-Tec Altitude v ultra i wp wide se sagte ekstra ondersteuning by die enkels.

Ek het die Hi-Tec Altitude v ultra i wp wide stapskoene  net een nommer groter gekies as my gewone skoene. Groter is beter, want jy wil nie sukkel met ‘n skoen wat jou druk nie.

Daar is baie wenke as jy gaan stap. Ek het op my dae in die 80’s ‘n 42km vasbyt gestap en die sykouse onder die die sokkies moes die ding doen. Vandag kry jy “blister free guarantee sokkies” wat sal help vir blase.

Met krag in jou bene kan jy nuwe wêrelde oopstap. Jou voete kan jou dra tot
enige plek onder die sterre. My eerste uitdaging met die Hi-Tec stapskoene is by die Grootvadersbosch Nature Reserve

TEGNIESE ASPEKTE

Die Altitude is ongetwyfeld ’n baie bekwame bergklimstewel.
Hier is ’n opsomming van sy vernaamstekenmerke:
• Die bostuk van egte leer is nie net duursaam en netjies nie, dit bevat ook Hi-Tec se i-Shield-tegnologie omdit water- en vlekbestand te maak.
• ’n Waterdigte membraan van Dri-Tec-materiaal hou die voet binne die skoen droog.
• Die OrthoLite® Impressions-tegnologie binne die skoen bevat skuimrubber wat stadig sy vorm herwin sodat jou stewels gemaklik bly op ’n meerdaagse stap.
• ’n Robuuste rubbersool van Michelin®-rubber is ideaal vir enige terrein..

Dit is ook belangrik om stapskoene te versorg KLIEK HIER