Beesstertbroodjie

Die broodjie kan jy by braaivleis gebruik – of as southappie voorsit.
1 pak (500 g) bruismeel
1 pkie ( 4 porsies ) beesstertsop
1 houer ( 500 ml ) karringmelk
50 g (125 ml ) gerasperde Cheddarkaas
Knypie rooipeper

• Voorverhit die oond tot 180°C.
• Smeer ’n broodpan van nagenoeg 20 x 14 x 7 cm, of bespuit dit met kleefwerende kossproei.
• Sit bakpapier onder in pan en spuit weer.
• Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam, giet dit in die pan en maak gelyk bo-op. • Strooi die kaas en rooipeper oor en bak op die middelste oondrak. Keer uit op ’n draadrak, verwywder papier en laat afkoel.
• Bedien met botter.