BEESRIBBETJIE

BEESRIBBETJIES MET BIER
1 x 340 ml blik bier
1 x 50 g pakkie tamatiepasta
65 g bruinsuiker (80 ml)
3 knoffelhuisies – fyngekap
2kg kort beesribbetjies
sout en varsgemaalde swartpeper – na smaak
METODE:
Verhit oond tot 200 ° C.
Meng bier, tamatiepasta, suiker en knoffel saam in ‘n mengbak.
Plaas ribbetjies in ‘n bak en gooi marinade oor.
Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 1 uur.
Voer ‘n roosterpan uit met foelie, blink kant na onder – die sous drup en brand lelik aan.
Sit ‘n afkoelrak bo op.
Haal ribbetjies uit marinade en plaas op afkoelrak.
Geur met sout en swartpeper.
Rooster vir 20 minute.
Terwyl die ribbetjies rooster, kan jy die marinade in ‘n klein kastrol verhit en vir sowat 5 minute kook.
Ná die 20 minute haal jy die ribbetjies uit die oond.
Verf met gekookte marinade.
Draai om en rooster vir nog so 20 minute – doen dit so 3 keer.
Jy kan die ribbetjies ook verder tot bros rooster.
Sit voor met tjips.
WENK: Die ribbetjies kan ook stadig oor die kole gebraai word

Bees rib
Vir bees rib gebruik jy plat rib wat in ‘n strook van tien sentimeter oor die dwarste van die been gesny is.
Marineer die strokies bees in die volgende marinade –
Marinade vir beesvleis:
3 groot uie (gekap)
3 t. olie
6 t. Tamatie sous
6 t. woestersous
6 t. soet wyn
6 t. bruin suiker
3 t. blatjang
1 takkie roosmaryn
1 t. tiemie blare
2 t. pietersielie
Sout en peper na smaak.
Indien jy nie vars kruie het nie kan jy gedroogde gemengde kruie gebruik.
Laat die rib vir ‘n dag in die marinade lê en braai dit dan stadig oor die hoender vuurtjie.
Wanneer dit gaar is kan jy dit dan tussen die ribbebene deur sny om tien sentimeter lengte, enkel beentjies te kry.
Jy kan ook die ribbetjie, of selfs chuck of steak in dieselfde marinade gaarmaak deur dit op die stoof, stadig te laat prut of in die oond, in ‘n toe kasserol bak, te braai-kook.

PLATRIBROL
1,5 kg ontbeende platrib
20 ml kookolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml droÎ of 15 ml vars roosmaryn
125 ml droÎ rooiwyn
5 ml bruinsuiker
250 ml vleisaftreksel
‘n paar druppels tabasco sous
30 ml wynasyn
125 ml suurroom
METODE
Braai vleis bruin in verhitte kook in ‘n swaarboomkasserol. Voeg knoffel by en roerbraai liggies Verhit res van bestanddele buiten suurroom en voeg by die vleis. Plaas deksel op en bak by 160 C vir 2 – 21/2 uur of totdat vleis sag is. Voeg suurroom by, roer deeglik en plaas terug in oond vir 30 minute.
(6 porsies)