BEESLEWER VETKOEKIES MET ‘N KERRIESOUS

¼ beeslewer fyn gemaal
2 uie fyngekap
3 k koemeel
2 t bakpoeier
3 eiers
2 t fyn naeltjies
3 knoffelhuisies fyn gekap
4 blokkies weetbix fyngemaak
Sout en swart peper na smaak
Kookolie vir diepbraai
METODE
Meng al die bestanddele saam tot ‘n taai lewerdeeg.
Skep eetlepels vol in warm kookolie
Braai aan albei kante tot donkerbruin en gaar
Bedien saam met kerriesous.
KERRIESOUS
die sous kan vir noodle slaai ook gebruik word deur net die noodles te kook in soutwater en die sous
daarby te meng.
BESTANDDELE
4 uie fyn gekap
1 e kerriepoeier
1 k suiker
1 k tamatiesous
½ k asyn
METODE
Braai die uie in ‘n bietjie kookolie tot sag en en bruin
Voeg die kerrie by en braai deur saam met die uie
Voeg die suiker by en braai tot suiker gesmelt is. Roer aanhoudend want dit brand maklik aan
Gooi die tamatiesous en asyn by kook tot ‘n dikkerige sous.