ATKV OORDE
In sommige van die mooiste dele van ons land, omring deur kultuurskatte, historiese erfgoed en ander opwindende toeriste-aanloklikhede lê sewe verruklike oorde waar gaste met ongekende gasvryheid verwelkom word.
Elke oord is ’n veilige, ontspanne lushof waar jy jou kan tuismaak vir ’n onvergeetlike gesinsvakansie, ’n inspirerende konferensie of spanbousessie, jou droomtroue of ’n kulturele ontdekkingsreis!
Al die ATKV-oorde spog met gerieflike selfsorgverblyf, woonwaparke en luukse eenhede waarvan die graderings tussen twee- en vierster wissel. Daar is heerlike eetplekke, sonnige speelplekke, plekke vir salige ontspanning en aksie vir Afrika!
Die oorde bied hope pret, soos minigholf, warm- en kouewaterswembaddens, waterwurms, muurbal- en vlugbalbane, springmatte, staproetes, perdry en baie meer vir oud en jonk. Die voordeel van die ATKV-oorde is dat jy per eenheid bespreek en nie per persoon nie. Dit is dus ware bekostigbare gesinsvakansies. Met pretnaweke en vakansies word goeie gesinsvermaak van hoë gehalte gebied wat beloof om almal se plesierspier te kielie. Verder is die oorde regoor Suid-Afrika geleë sodat die ATKV al sy lede en vakansieliefhebbers kan huisves.
Die ATKV se oorde was weer vanjaar onder die oorde wat bekroon is. In die kategorie vir groot selfsorgoorde was ATKV-Drakensville en ATKV-Hartenbos semifinaliste, terwyl ATKV-Klein-Kariba ‘n finalis in dieselfde kategorie was. Die jongste toevoeging tot die ATKV-stal, ATKV-Eiland Spa, is uiteindelik as wenner in hierdie kategorie aangewys.
ATKV-Natalia was ‘n semifinalis in die kategorie vir woonwa- en kampeerplekke, terwyl ATKV-Goudini Spa ‘n “hoogs aanbeveel” van die beoordelaars gekry het in die kategorie vir oorde met ‘n verskeidenheid.
ATKV-Natalia was ‘n semifinalis in die kategorie vir woonwa- en kampeerplekke, terwyl ATKV-Goudini Spa ‘n “hoogs aanbeveel” van die beoordelaars gekry het in die kategorie vir oorde met ‘n verskeidenheid.