Arm man se Skaappotjie

4 – 5 kg skaapnek/skaapskenkels
4 uie of 20 klein uitjies
vars groente in blokkies gesny: butternut, baby marrow, wortel, baba geel pampoentjies, baba aartappels, sampioene

Sous:
5 pakkies soppoeier (chilli beef of bruin uiesop in 3 liter water)
8 teelepels kerrie (of na smaak)
1 bottel chutney
knoffelvlokkies
ander kruie en speserye na smaak

• Braai ui in biejtie olie in pot en verwyder. Braai vleis tot bruin.
• Voeg warm water by en prut vir 1 uur. Hou dop dat dit nie droogkook nie.
• Voeg aartappel en wortel by, prut ‘n halfuur, voeg res van groente by en prut nog ‘n halfuur.
• Maak sous aan en voeg by, laat prut nog 20 minute. Kook solank die rys gaar.
5 koppies rys