Afvalpotjie
3 3.7

Afvalpotjie

2 klompe skaappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250 ml halfsoet wit wyn
sap van 1/2 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2 ml rissiepoeier
10 ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes

• Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek.
• Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat koook tot inhoud sag is – ongeveer 3-4 uur.
• Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank.
• Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer goed om en dien op.