Ons het gaan kuier by Africamps in die Wes Kaap

africamp ZAGewoonlik gaan kamp ons, maar die versoeking om in een van AfriCamps se luukse tente te gaan bly was groot.  Ons het op AfriCamps Kam’Bati besluit.  Kam’Bati is op ‘n plaas in die Overberg, sowat 20 km vanaf Swellendam, geleë. Die oord bied verblyf in luukse, boetiek-permatente tente,  Elke tent is gerieflik ingerig vir 5 gaste.

By aankoms het een van die vriendelike ontvangspersoneel ons na ons luukse tent vergesel en seker gemaak dat ons tevrede is met ons akkomodasie.

Ons tent het ‘n ruim oopplan leefarea met ‘n rusbank, ‘n lekker groot kuier-tafel en kombuisie gehad.  Die tent het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en die tweede kamer beskik oor ‘n koningingrootte-bed en ‘n stapel enkelbed. Die wit beddegoed is luuks en handdoeke word voorsien.  Omdat ons in die somer kom kuier het, was die lugreëling ‘n groot bederf teen die snikkende somerhitte.  In die leefarea is daar ook ‘n kaggel, wat natuurlik ‘n groot aantrekkingskrag in die winter sal wees.

Teen sononder het ons heerlik op die houtdek ontspan en ‘n yskoue skemerkelkie geniet terwyl die vuurtjie in die braaiarea geknetter het.  “n Hoogtepunt was om die visarend se roep te hoor terwyl die sonnetjie in die verte sak.

Gaste het die keuse om ‘n self-maak ontbyt te bestel.  Ons ontbyt-piekniekmandjie het bestaan uit ‘n verskeidenheid van heerlike en vars verversings, soos muesli, yogurt, vars brood, konfyte, sappies, vars vrugte, spek, worsies en eiers.  Na ‘n heerlike ontbyt was dit ongelukkig tyd om weer die pad aan te durf huis toe.

Baie dankie aan die eienaar, Jaco en die vriendelike personeel van Kam’Bati Swellendam.  Ons het die kuier by Africamps Kam’Bati terdeë geniet en beveel hierdie akkomodasie aan vir ieder en elk wat ‘n Glamping blaaskansie in die natuur verlang. Wat ‘n heerlike ondervinding!

Glamping bied vir gaste die geleentheid om die natuur te beleef en te ervaar sonder die moeite om ‘n tent op te slaan.  Jy kan dit selfs voorstel as ‘n opgradering op ‘n kamp-ervaring.  Jy pak net jou eie tassie en trek in ‘n pragtige tent in – reeds opgerig in ‘n pragtige omgewing vir jou gerief.  Daar is geen moeite om  al jou kamptoerusting in te pak en op te slaan nie, geen tent wat se penne ingeslaan hoef te word nie en geen slaap in ‘n slaapsak op ‘n opblaasmatrassie nie.

Glamping is ‘n luukse ervaring, waar jy die natuur kan geniet vanaf jou tent se dek terwyl jy ‘n glasie wyn geniet.  Gaan stap op die plaas en pak vir jou ‘n piekniekmandjie om langs die pad te geniet.  Glamping bied jou dus die ervaring van kamp en die gerief van luuksheid.

AfriCamps at Kam’Bati

Swellendam/Overberg

AfriCamps at Kam’Bati  is geleë op ‘n Overbergse plaas 20 km wes van Swellendam. Die Sonderend- en Breederivier vloei verby die eiendom met grasryke kampeerterreine met elektrisiteit en skoon ablusiegeriewe. Die oord is baie veilig, gerieflik. Dis ‘n paradys vir natuurliefhebbers en die ideale wegbreekplek vir enige avontuurlustige gesin.

AfriCamps at Kam’Bati bied verblyf in 5 luukse tente. Elke tent het ‘n ruim oopplan-leefarea met rusbanke, ‘n houtdek, ‘n kaggel en kombuisie. Die tente het elkeen 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het ‘n koningingrootte-bed, terwyl die tweede kamer ‘n koningingrootte-bed en ‘n enkelbed bevat.

bespreek-nou

AfriCamps Klein Karoo

OUDTSHOORN

AfriCamps Klein Karoo is in die ongerepte Karoo geleë met pragtige uitsigte oor die Swartberge. Ons bied die perfekte plek vir jou om te ontspan en jou batterye te herlaai. AfriCamps se unieke akkommodasie bestaan uit luukse tente waar gaste die lewe op ‘n werkende plaas kan ervaar.

AfriCamps Klein Karoo bied verblyf in 5 luukse tente. Elke tent beskik oor verskeie kleurvolle afwerkings om tot die glanskamp-ervaring by te dra. Die tente het ‘n ruim oopplan-leefarea met hout-rusbanke en ten volle toegeruste kombuise. Elke tent beskik oor 2 slaapkamers met natuurlike sonlig wat deur die dag by die vensters instroom. Die slaapkamers beskik albei oor lugversorging en sy eie ingang tot ‘n privaat badkamer-area.

bespreek-nou

AfriCamps at Pat Busch Mountain Reserve

ROBERTSON

AfriCamps at Pat Busch Mountain Reserve bied selfsorgtenteenhede en is op ‘n privaat plaas in Robertson geleë. Dit is ideaal vir paartjies, gesinne of ‘n groot groep wat op soek is na ‘n gerieflike wegbreek in die natuur en weg van die stadsgedruis.

AfriCamps at Pat Busch Mountain Reserve bied verblyf in 5 luukse tente. Elke tent bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer en ‘n leefarea met ‘n kombuisie. Ander geriewe in dié eenhede sluit lugversorging, ‘n kaggel en ‘n privaat houtdek in. Gaste kan ook reël om hulle etes, ontbyt en ander smullekker eetpakkies met drankies vooraf voor te berei, teen ‘n ekstra koste, indien hulle dit sou verkies

bespreek-nou

1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next