Ons het gaan kuier by Africamps in die Wes Kaap

Ons het onlangs besluit om eerder te gaan “glamp” as om te gaan kamp.  Africamps @ Kam’Bati River Resort, net buite Swellendam, was ons eerste keuse en ons het baie daarna uitgesien om ‘n heerlike aandjie in een van die glamping tente te gaan geniet.  En…ons het 5 ster behandeling en verblyf geniet! Wat ‘n aangename lekkerte om by Africamps @ Kam’Bati River Resort te gaan ontspan!

Met ons aankoms, is ons hartlik ontvang en na ons tent gewys.  Daar was ons “hot tub” reeds gestook en was die water al lekker warm sodat ons net kon inklim en onsself kon geniet in die heerlike warm water.  Die “hot tubs” is ‘n nuwe toevoeging tot die Africamps en dra beslis by tot die saligheid wat glamping jou bied. 10 uit 10 vir hierdie nuwe toevoeging by Africamps!

Ons het dadelik ons tasse uitgepak en ons stapskoene aangetrek om die nuwe staproete na die rivier aan te durf.  By die ingang na die staproete is ‘n oulike “book-exchange” waar jy vir jou leesstof kan neem om te lees. In ons verwelkomingspakkie was daar ook ‘n papiersakkie met “merkers” wat ons kon afmerk op ons roete na die rivier.  Die roete is ‘n heerlike en gemaklike stap en daar is ‘n voël-uitkykpunt, bruggies en swaaie op die roete.

Die pragtige hout swaai by die rivier was vir my ‘n hoogtepunt. Dit het vir my gevoel of ek vir ure daar kon sit en uitkyk oor die rivier en net die rustigheid van die omgewing kon inasem.  Ek sal beslis ‘n piekniekmandjie pak as ons weer by Africamps @ KamBati River Resort gaan ontspan.

Terug by ons glamping tent het ons ‘n vuurtjie aangesteek.  Die dek van die glamping tente is vergroot en die nuut geboude braai op die dek is ‘n wenner.  Ons het vir ons heerlike skemerkelkies geskink en die uitsig oor die vlaktes geniet terwyl ons die roep van die visarend in die verte kon hoor. 

Deurentyd het ons die “hot tub” gestook met hout om die water heerlik warm te hou en het ons later weer die heerlike warmwater geniet.

Alhoewel ons in die winter by Africamps gekuier het, het ons lekker warm geslaap die aand van ons kuier aangesien die tente toegerus is met kwaliteit linne om ‘n heerlike nagrus te verseker.  Die tente het elkeen 2 slaapkamers en 1 badkamer, dus geskik vir ‘n maksimum van 5 gaste.

Die eerste slaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en die tweede kamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n enkelbed. Elke tent is ook toegerus met ‘n lugversorger en ‘n kaggel in die tent, so winterkampe is heerlik as jy besluit om die glamping opsie te doen.  Jy hoef beslis nie koud te kry as jy van Africamps se glamping tente gebruik maak nie!

Die volgende oggend het ons vroeg opgestaan en is ons toe verras met ‘n heerlike selfsorg oggendmandjie met die heerlikste vars produkte vir ontbyt.  Die mandjie was gevul met eiers, spek, worsies, croissants, muesli en jogurt. Daar was ook vars vrugtesap en melk sodat ons vir ons kon koffie maak saam met die oggendete wat ek toe kon voorberei. 

Die glamping tent is toegerus met ‘n kombuisie en ek kon dus gemaklik ons selfsorg ete voorberei. Ons het ons ontbyt by die tafelbankie op ons dek geniet terwyl die oggend sonnetjie ons lekker warm gebak het.  Wat ‘n absolute bederf. Bestel gerus jou ontbyt-mandjie wanneer jy jou bespreking maak.

By Africamps @ KamBati River Resort word geen moeite ontsien om gaste welkom te laat voel en hulle kuier onvergeetlik te maak nie.  Ons het baie spesiaal gevoel tydens ons kuier en sal beslis weer by Africamps ‘n draai maak.

In ‘n Neutedop – AfriCamps at Kam’Bati 

  • Geleë op ‘n plaas – 20 km vanaf Swellendam
  • GPS: 34*04’47.82″S / 20*17’06.66″ E
  • 5 Ster ondervinding
  • Sal ons weer by Africamps @ Kam’Bati gaan kuier ✓✓✓✓
  • Bespreek : https://www.kambati.co.za/africamps-luxury-tents
  • Tel: 079 200 9098

Glamping bied vir gaste die geleentheid om die natuur te beleef en te ervaar sonder die moeite om ‘n tent op te slaan.  Jy kan dit selfs voorstel as ‘n opgradering op ‘n kamp-ervaring.  Jy pak net jou eie tassie en trek in ‘n pragtige tent in – reeds opgerig in ‘n pragtige omgewing vir jou gerief.  Daar is geen moeite om  al jou kamptoerusting in te pak en op te slaan nie, geen tent wat se penne ingeslaan hoef te word nie en geen slaap in ‘n slaapsak op ‘n opblaasmatrassie nie.

Glamping is ‘n luukse ervaring, waar jy die natuur kan geniet vanaf jou tent se dek terwyl jy ‘n glasie wyn geniet.  Gaan stap op die plaas en pak vir jou ‘n piekniekmandjie om langs die pad te geniet.  Glamping bied jou dus die ervaring van kamp en die gerief van luuksheid.

AFRICAMPS AT KAM’BATI
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next