Gradeer die plek

AARTAPPELGEBAK

AARTAPPELGEBAK MET GEKARAMELLISEERDE UIE
30ml olyfolie
2 uie, in dun ringe gesny
30ml balsemiekasyn
30ml bruinsuiker
6 groot aartappels, geskil, in dun skyfies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
500ml room
250ml parmesaan of pecorinoskaafsels
Voorverhit die oond tot 220C. Verhit die olyfolie in ‘n braaipan en
soteer die uie oor matige hitte tot sag en glansend. Gooi die
balsemiekasyn en bruinsuiker by en roerbraai dit vir omtrent 5
minute of totdat die uie begin karamelliseer. 2 Pak ‘n laag
aartappelskyfies in ‘n gesmeerde vuurvaste oondbak (sowat 32 x 21
cm), geur dit met sout en swartpeper en pak ‘n lagie
gekaramelliseerde uie bo-op. Herhaal die lae met die orige aartappels
en uie en eindig met ‘n laag aartappelskyfies. Gooi die room oor,
sprinkel parmesaan of pecorinoskaafsels oor en bak dit vir sowat 30-
45 minute of totdat dit goudbruin en gaar is. Sny dit in porsiegrootte
blokkies en sit voor. Lewer 4-6 porsies.

Aartappel en Spek Gereg (Gerhard van der Merwe se vrou sin)
6 medium Aartappels (gekook en geskil)
1 Groot ui (gesnipper)
30 ml olie
250 g gesnipperde spek
250 g sampioene (in skyfies gesny)
Witsous (resep onder)
125 g gerasperde kaas
Braai die uie, spek en sampioene saam in die olie.
Haal van die stoof af en laat eenkant staan terwyl jy die witsous maak.
Meng die witsous met die ui, spek en sampioene
Sny die aartappels in skyfies
In ‘n kasserol oondbak doen die volgende:
Pak ‘n laag aartappels gevolg deur die witsous mengsel. Herhaal tot al die aartappels gebruik is.
Sprinkel die kaas oor die laaste witsous laag en bak in oond tot die kaas mooi bruin is.
Basiese Witsous:
60 ml margarien
60 ml meel
500 ml melk
½ t mosterd
Sout en peper na smaak
Smelt die margarien in ‘n pot oor lae hitte
Voeg dan die melk bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend met ‘n houtlepel of draadklitser sodat dit nie klonte maak nie. Maak seker al die klonte is uitgeroer voor jy die volgende bietjie melk byvoeg. (Onthou die moet ‘n lae hitte wees en moet nooit ophou roer nie. Eintlik sou dit lekker werk as jy vier arms en hande gehad het maar nou moet jy maar klaarkom met wat jy het!) Die mengsel moet ‘n dikkerige pasta vorm maar nie te dik nie! Dit moet nog loperig wees. As jy dink dit is te dik, voeg nog melk by. As jy sien die mengsel kook te vinnig en jy kan nie byhou nie, haal die so bietjie van die plaat af.

AARTAPPEL EN SPEKVLEIS GEBAK
3-5 groot aartappels, sag gekook

250g spekvleis
1 ui, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 tamatie, ontvel en fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper
175ml natuurlike jogurt

125ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180C.
Bespuit ‘n klein oondbak met kleefwerende kossproei.
Verwyder die skille van die aartappels en sny in skywe.
Rangskik onder in die oondbak.
Braai die spekvleis tot bros en kap fyn.
Soteer die ui in dieselfde pan tot sag en voeg die knoffel en tamatie by.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Prut tot ‘n moes vorm.
Giet oor die aartappels en strooi die gekapte spekvleis bo-oor.
Giet die jogurt oor en bak vir 20 minute.
Strooi kaas oor en plaas terug in die oond tot kaas gesmelt is