Bridgetown Kampterrein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Moorreesburg (18km)
STREEK: Swartland
PROVINSIE: Wes Kaap
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: R120

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 4
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja by die rivier
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Dié terrein spog met ‘n uitsig oor die rivier, omliggende landerye en berge met elke seisoen in ‘n ander palet – van sneeuwit winterberge tot geelryp koring in die somer. Die toeganklikheid tot die rivier maak dit ‘n gewilde kampeerterrein vir oud en jonk veral vir dié wat van watersport en visvang hou.

Die uitgestrekte terrein kan tot 100 mense huisves en word bestuur deur die NG Kerk, Moorreesburg. Boonop bied Bridgetown ‘n ryk voëllewe – van visarende tot bloukransvoëls. Vir fietsryers en stappers is daar verskeie opwindende roetes.

Die kamers het ‘n lieflike uitsig oor die rivier en berge, en het ‘n groot grasperk voor waar vlugbal gespeel kan word. Die terrein leen hom absoluut tot groepe en spanbou-uitdagings! Langs die rivier is ‘n skaduryke bloekombos wat ideaal is vir paintball en skattejag.

Die kampteererrein beskik ook oor ‘n hindernisbaan wat sorg vir pret en opwinding. Die saal langs die kombuis is geskik vir lesings, filmvertonings en binneshuise speletjies. Bridgetown is dus die ideale kampeerterrein vir kerk-, skool- en studentegroepe. Dis net so geskik vir mense wat net wil wegbreek en die rustigheid van die natuur geniet.

Bridgetown huisves jaarliks die kanovaarders, borge en ondersteuners van die Bergrivier- en Swartland kanomarathon.

Aanwysings
Die kampterrein is geleë op die oewer van die Bergrivier, ongeveer 19km vanaf Moorreesburg. Ry met die N7 tot by Moorreesburg, draai op die Gouda teerpad af. Draai links af by die “Bridgetown”-bord. Volg die teerpad tot by die volgende BRIDGETOWN bord. Draai dan regs op die grondpad en weer regs na ongeveer 3km by die “KAMP” aanwysing.
AKTIWITEITE
Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Aktiwiteite
Aktiwiteitsbaan beskikbaar vir speletjies. Indien u die aktiwiteitsbaan huur kan u die dienste van die opsigter gebruik vir die aanbieding van die speletjies.
Volleyball: Op die grasperk is n “Volleyball” baan en net. Bring u eie bal.
Ander aktiwiteite sluit in: “paintball” of skattejag in die bos, watersport op die rivier en visvang. Daar is ook stap- en fietsry roetes deur die lande. Bring asb. u eie benodigdhede vir die verskillende aktiwiteite. Lig asb. die opsigter vroegtydig in, as u wil gaan stap of fietsry,
want dit moet vooraf gereël word.
FASILITEITE
Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kragpunt
Gemeenskaplike kombuis
2 kragpunte beskikbaar
Die kombuis is ruim en het n groot tafel, n dubbele wasbak, n stoof, 4 plaat branders, 3 yskaste, n vrieskas, mikrogolfoond, urn, groot kas en kombuisware soos potte, panne, klitsers, groot lepels, groot opskep bakke. Kampeerders moet hul eie eetgerei, vaddoeke, skoonmaak middels en ekstra swart sakke voorsien. Warm en koue water is beskikbaar.
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Santa Smit
Kontak nommer 083 940 7994

SELFSORG

SELFSORG

Gastehuis
Die gastehuis wat omring is deur groot bome, het 3 slaapkamers waar 8 persone kan slaap, n kombuis met n 3 plaat brander, sitkamer, binne stort/toilet, buite stort/toilet en buitebraai. Kampeerders moet hul eie beddegoed voorsien.

Kamers
Daar is 8 kamers waar 72 persone kan slaap. Die kamers het n lieflike uitsig oor die rivier. Aan die agterkant van die kamers is lieflike koeltebome. Kampeerders moet hul eie beddegoed voorsien.
In die geval van ekstra groot groepe kan die solder bokant die kombuis/saal ingerig. Daar is nie beddens beskikbaar nie, maar wel matrasse.

Beaverlac

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Porterville (25km)
STREEK: Swartland
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 32.90802 E 19.06698
OMGEWING:  Plaas Rivier
TARIEWE VANAF: R65

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Ja
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras/Grond
Skaduwee:Ja
Toeganklikheid:  Grondpad
visswemtent karavaan campervanhonde

BESKRYWING
Die Grootfontein plaas word deur die Olivier broers besit en is ‘n suksesvolle voorbeeld van die konsep bekend as Agritoerisme, waar ‘n werkende plaas toegang tot die publiek verleen. Grootfontein is geleë in ‘n afgesonderde 5 000 hektaar vallei omring deur berge en naby twee riviere – die Ratel- en Olifantsrivier. Grootfontein is ‘n natuur erfenisgebied wat geskenk is om die area te beskerm en is aangrensend aan die Groot Winterhoekberg Opvangsarea en die Cederberg Luiperd Bewaringsarea. Beaverlac is ‘n wildernis kampterrein in die middel van al hierdie natuurprag. Die kampplek is slegs 5 minute se stap van ‘n pragtige bergpoel met ‘n waterval en sowat 5km se stap vanaf die Olifantsrivier.
Aanwysings
Vanaf Kaapstad:
Neem die N7 in die rigting van Malmesbury. Draai regs by die Piketberg / Porterville kruising (R44). Draai links by die T-aansluiting (na Eendekuil). Na sowat 2, 5 km gaan jy regs draai op die Dasklip / Cardouw pad. Van hier af is dit grondpad. Draai regs op die Dasklip Pas. Aan die bokant van die berg draai jy links by die Grootfontein Plaas / Beaverlac bordjie.
AKTIWITEITE

Bergfiets Roetes: Ja
Bergklim en Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Waterwurm: Nee
4×4 roete: Nee
swings stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Nee

kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

BESPREKING & NAVRAAG

KLIK HIER

Kontak persoon Die eienaar
Kontak nommer 022 931 2945
TARIEWE
18 years & older: R65.00 pppn
4-17 years: R40.00 pppn
Under 4 years: Free
Dogs: R50.00 per dog per night
Entrance fee: R30.00 per vehicle

SELFSORG

SELFSORG

AFRICA
Oornaghut by die Ratelrivier, sowat 6 km vanaf die kampplek. Bring al jou benodigdhede saam – jy sal dit oor die rivier moet dra. Die huisie het 4 enkelbeddens, ‘n tafel en stoele in die hut. R250.00 vir 4 persone per nag.

BUTCHERBIRD
Hout hut met die beste uitsig in die kampplek. Gas stort vir warm water. Geen toilet of wasbak (maak gebruik van gemeenskaplike ablusie). Basiese eetgerei, breekware ens. Elektrisiteit, yskas en tweeplaat stofie. R250.00 vir 2 persone per nag.

CAMELOT
Hout hut met 2 kamers. Elektrisiteit, yskas en tweeplaat stofie. Basiese breekware, eetgerei en potte. R300.00 vir 6 persone per nag.

M&J
Klein hout hut met ‘n dubbelbed. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. Elektrisiteit en yskas. R220.00 vir 2 persoen per nag.

MOONRISE
Semi-detached kliphuis (net Sunrise) in die boord. Elke huisie het sy eie badkamer met ‘n kouewater stort, toilet en wasbak. Geen elektrisiteit, bring jou eie lampies. Gas yskas en stoof. Vuurherd in die huisie. Basiese breekware, eetgerei en potte. Pragtige uitsigte. R250.00 vir 4 persone per nag.

PATAT
Hout hut met ‘n dubbelbed. Elektrisiteit en yskas. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. Gebruik gemeenskaplike ablusiegeriewe. R220.00 vir 2 persone per nag.
PIXIE HUT
Klein houthut met ‘n ¾ bed – geskik vir 1 persoon. Basiese breekware, eetgerei, potte, tweeplaat stofie, elektrisiteit en yskas. R150.00 per persoon per nag.

SKILPAD
Hout hut met ‘n dubbelbed. Elektrisiteit en yskas. Op die rant van die kampplek. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. Gebruik die gemeenskaplike ablusiegeriewe. R220.00 vir 2 persone per nag.

SOUTHFORK
Hout hut met 2 kamers. Elektrisiteit en yskas. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. R300.00 vir 6 persone per nag.

STONE FLAT
Hierdie eenheid is langs die winkel geleë. Elektrisiteit, yskas en tweeplaat stofie. Badkamer met warmwater en toilet. R250.00 vir 2 persone per nag.

SUNRISE
Semi-detached kliphuisie (met Moonrise) in die boord. Badkamer met kouewater stort, toilet en wasbak. Geen elektrisiteit, bring jou eie lampies. Gas stoof en yskas. Vuurherd in die huisie. Basiese breekware, eetgerei en potte. Mooi uitsig vanaf die eenheid. R250.00 vir 4 persone per nag.

** BRING JOU EIE BEDDEGOED VIR DIE SELFSORG EENHEDE**

RESENSIES

Lenie Boetzkes
Watter tyd van die jaar het jy daar gekamp?  JAN
Die ligging van Kampgronde 4 /uit 5
Die diens 5 /uit 5
Die grootte en privaatheid van Staanplek 4 /uit 5
Aktiwiteite 4 /uit 5

Algehele gevoel oor die kampplek

reg
  Beskrywing van u kampervaring

De Drinken

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Moorreesburg (23km)
STREEK: Swartland
PROVINSIE: Wes Kaap
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: Op versoek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Vooraf reëling
Visvang: Ja rivier
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras/Grond
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING

De Drinken

De Drinken is ideaal vir die moeë reisiger wat in die buitelug wil kom ontspan, visvang, swem, voëls kyk, luister na die roep van die visarend of met kano/boot wil roei.
Kom ontspan privaat met jou eie tent en troeteldier in die Klein Lapa (sonder elektrisiteit) of maak gebruik van die De Drinken toegeruste tente wat op platforms staan. Elke platform het sy eie kombuis, toilet en stortgeriewe. Hierdie tente is toegerus met elektrisiteit. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat as jy in een van die De Drinken tente kom bly nie.
Aanwysings
Vanaf Kaapstad:
Draai regs op die Gouda pad.
Hou verby die Bridgetown Afdraai. Die teerpad word ‘n grondpad.
Hou verby Klein Karnmelkvlei (Serdyn)
Draai links by Swartrug naambord.
Meld aan by die Plaashuis asb.

De Drinken is a guest farm in the heart of the Swartland and is ideal for the city dweller who wants to relax, swim, hike, fish (carb, barber and many other fresh water fish), take a canoe ride or do some mountain biking on the farm. Enjoy the tranquility, listen to the sound of the Fish Eagles and enjoy some birdwatching.

Our farm is situated next to the Berg River, 23 km from the nearest town of Moorreesburg and 100 km from Cape Town on the N7-route towards Namibia.

Rent one or more of our fully equipped tents or bring your own tent and camping gear.

AKTIWITEITE

Bergfiets Roetes: In die omgewing
Staproetes: In die omgewing
Hengel: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Waterwurm: Nee
4×4 roete: Ja
swings stap fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Ja
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee

braai kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon  Koos Bester
Kontak nommer  0828948512

SELFSORG

SAFARI TENT:

DE DRINKEN TENTE:
Daar is elektrisiteit by die De Drinken tente. Beide platforms het hul eie tenvolle toegeruste kombuis, spoeltoilet en stort (warm en koue water). Linne en eetgerei word voorsien.
Bring jou eie handdoeke, drinkwater en rooster.
Die tente bied ‘n pragtige uitsig oor die rivier en visvang.