Montagu Oord Karavaanpark

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Montagu
STREEK: Breederiviervallei
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 33.7874 E 20.113
OMGEWING:  Dorp
TARIEWE VANAF: Op versoek

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Vooraf reëling
Visvang: Ja
Swemplek: Kouewater /Warmwater
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid:  Teerpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja
visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak honde teerpad

BESKRYWING

Montagu Oord Karavaanpark is ‘n pragtige kampplek in die hartjie van Montagu, op die wêreldbekende Route 62. Hierdie oord het ‘n 3 ster gradering en die eienaars doen alles in hulle vermoë om jou kampervaring lekker te maak. Daar is sowat 85 staanplekke, almal op gras.  Elke staanplek het ook 15 A elektrisiteit, ‘n kraan en ‘n braaiplek – onthou net om jou eie rooster saam te bring.  Daar is 2 ablusieblokke wat baie netjies is en deurentyd gediens word.

Daar is ‘n dam in die oord waarop jy met ‘n trapbootjie kan vaar en waar jy ook kan visvang.  Kom kyk gerus of jy ‘n lekker groot karp aan die lyn kan kry!  Daar is ook baie ander aktiwiteite beskikbaar vir oud en jonk, soos die verhitte binneshuise swembaddens, kouewater swembaddens en ontspanningsarea vir die kinders.

Vir gaste wat nie wil kamp nie, is daar ook ‘n verskeidenheid selfsorg eenhede beskikbaar – van chalets tot houthuise en basiese verblyf vir rugsakreisigers.

Dit is beslis die moeite werd om jou tentpenne by Montagu Oord Karavaanpark in te slaan!

AKTIWITEITE

4×4 roete
Bergfiets roetes
Bergklim
Brootskerm TV
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Kinder swembad
Water glybaan
Trapbootjies
Vakansie program Desember
swings stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike ablusieg eriewe
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Porta potty geriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Wassery

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon Eienaar
Kontak nommer 023 614 3034
Kontak nommer 082 920 7863

KAART

SELFSORG

SELFSORG

Tipe akkomodasie
Hout Hutte, Kothuise
Selfsorg
Backpackers
Eenhede is geskik vir 2 of 4 gaste
Luukse backpackers is toegerus met beddegoed, bring asb jou eie handdoek
Standaard backpackers het geen beddegoed of handdoeke nie
Geen troeteldiere in die backpacker eenhede nie

Selfsorg Eenhede

Verskeidenheid van 2 / 4 / 6 / 8 slaap eenhede beskikbaar
Slefsorghuise / Eenhede met uitsig oor die meer / Eenhede met uitsig oor di e berge / Grasdak eenhede
Beddegoed word verskaf, bring asb jou eie handdoek
Sommige eenhede is toegerus met lugverkoeling
Geen troeteldiere in die selfsorg eenhede nie

Doringlaagte

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Montagu
STREEK:Breederiviervallei
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: S 33.793511 E 20.168236
OMGEWING: Dam, Plaas
TARIEWE VANAF: R175

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 75
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik:  Met reelings
Visvang: Ja
Swemplek: Kouewater / Dam /Swembad
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Gedeeltelik
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja

vis grondpad swem honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Doringlaagte

Beskrywing
Doringlaagte is die ideale kampplek vir die hele gesin. ‘n Pragtige Kampterrein slegs 3km vanaf Montagu. Daar is ongeveer 20 staanplekke op die gras by die dam. Die pragtige grasperke loop omtrent reg rondom die dam. Die abblusiegeriewe is pragtig. Die Kampterrein is omhein met ‘n sekuriteitshek en die kampers sal ‘n toegangskode ontvang vir toegang tot die Kampterrein. Daar is standard kragpunte. Doringlaagte is ‘n hengelaars paradys. Daar is ook 8 pragtige chalets en ‘n lapa met ‘n grootskerm.
Aanwysings
Ry deur Montagu vanaf Ashton, oor die brug in die rigting van Barrydale. Neem die eerste afdraai na links by “Talana Road” (daar is ook ‘n bord Doringlaagte). Ry 2.8 km en draai regs na Doringlaagte se kampterrein.

Kamp:
R175 per volw per nag
R120 per hoerskool kind per nag
R60 per laerskool kind per nag
5 en onder is verniet

Chalet/Glamping
R460 per volw per nag
R230 per hoerskool kind per nag
R120 per laerskool kind per nag
5 en onder is verniet.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV: Nee
4×4 Roete: In die omgewing
Bergfiets Roetes: Ja
Bergklim en Staproetes: In die omgewing
Gholf / Putt Putt:  Albei
Hengel: Ja
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Wateraktiwiteite: Ja

watersport vuurmaak visvang swings stap restaurant off-road fietsry bergklim

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee

vullis-blik toilette stortbad kraanwater  braai krag

BESPREEK
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon  Ronel Kriel
Kontak nommer 072 021 9069/ 082 319 5130 / 072 255 7087
Kontak nommer  023 614 2034

WEBBLAD

Doringlaagte 2019 Tariewe

VIDEO VAN KAMP
KAART

Selfsorg Beskrywing

CHALET 1 / 2 / 3 / 4 / 5

Selfsorg CHALET 1 / 2 / 3 / 4 / 5

Yskas, Mikrogolf, 2-plaat stoof, ketel, beddegoed, 1 stel handdoeke en braairooster.
Slaap 5, max 2 volwassenes
Binnebraai + lapa met buitebraai
Vanaf: R460 per volw per nag
R230 per hoerskool kind per nag
R120 per laerskool kind per nag
5 en onder is verniet

CHALET 6 / 7

CHALET 6 / 7
Yskas, Mikrogolf, 2-plaat stoof, ketel, beddegoed, 1 stel handdoeke en braairooster.
Slaap 4, max 2 volwassenes
Lapa met buitebraai

R460 per volw per nag
R230 per hoerskool kind per nag
R120 per laerskool kind per nag
5 en onder is verniet

CHALET 8

CHALET 8
Yskas, Mikrogolf, 2-plaat stoof, ketel, beddegoed, 2 stelle handdoeke en braairooster.
Slaap 8, max 4 volwassenes
Lapa met buitebraai

R460 per volw per nag
R230 per hoerskool kind per nag
R120 per laerskool kind per nag
5 en onder is verniet

CHALET 9 / 10

CHALET 9 / 10
Yskas, Mikrogolf, 2-plaat stoof, ketel, beddegoed, 3 stelle handdoeke en braairooster.
Slaap 10, max 4 volwassenes
Binnebraai en lapa met buitebraai

R460 per volw per nag
R230 per hoerskool kind per nag
R120 per laerskool kind per nag
5 en onder is verniet

Karoo Beach Pub

Leeuwenboschfontein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Touwsriver en dan Montagu
STREEK: Klein Karoo Kannaland
PROVINSIE:  Wes-Kaap
GPS: 33° 34′ 00 / 19° 59′ 08
OMGEWING:  Plaas
TARIEWE VANAF: R 90 pppn, R50 kinders jonger as 10 jaar

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 19
Persone Per Staanplek Onbekend
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – dam
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Leeuwenboschfontein

Leeuwenboschfontein se kampterrein is geleë langs ‘n dam en onder heerlike wilgerbome vir skaduwee. Elke staanplek het water, elektrisiteit, ‘n ligpunt en ‘n werkstasie/tafel.
‘n Ruim skuur is beskikbaar vir geleenthede. Die skuur beskik oor ‘n groot vuurmaakplek, storte, toilette en ‘n kombuis.
Fassiliteite sluit in warm water, ablusiegeriewe, toilette, ‘n badkamer met ‘n bad en stort en ‘n kampkombuis.
Leeuwenboschfontein is geleë tussen Worcester, Touwsriver en Montagu.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Grootskerm TV
Hengel
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Gemeenskaplike kombuis

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 082 577 7169
Kontak nommer 023 004 1307
Epos johan@jrt.co.za
Epos lbf@cornergate.com
Wat sê Henry

Kamp by Leeuwenboschfontein

Die feit dat dit ons klomp manne amper 3 jaar geneem het om weer saam te kamp is wraggies ʼn skande! Maar soos die gesegde gaan – liewers laat as nooit. Middel Augustus het ek die 1st keer van Leeuwenboschfontein te hore gekom toe ons in die vallei langs die plaas gekuier het saam met […]

Read More

SELFSORG

SELFSORG

02

Selfsorgeenhede: 6
Tipe akkomodasie Kothuise
Ander
Selfsorg BUNGALOW: R450.00 per nag vir 2 persone ingesluit. R100 add persoon
‘n Snoesige bungalow met ‘n slaapbank, stapelbeddens en ‘n klein kombuisie. Die sleeper couch and two bunk beds with a small kitchenette. Die aangrensende dek en braai strek oor die water en laat jou toe om vis te vang vanaf die dek. Bring asb jou eie beddegoed en handdoeke. Andersens kan beddegoed verskaf word teen ‘n addisionele fooi. Die bungalow bied jou rus en vrede, die gekabbel van water en die musiek van voëltjies wat kwetter. Hierdie is ‘n fantastiese plek om jou batterye te herlaai in die ongerepte natuur. Somtyds sal jy gelukkig wees en sal jy elande, sebras, springbokke en miniatuur perde sien wat kom suip by die dam.


DE KRAAL:

LeeuwenboschfonteinDE KRAAL: R1200.00 per nag vir 4 persone ingesluit. R100 add persoon
De Kraal is geleë in ‘n baie ou klip kraal. Hierdie luukse twee slaapkamer huis, gebou van klip en glas, bied jou die beste van oud en nuut. ‘n Sentrale vuurherd in die gemaklike leefarea is ideaal om voor te ontspan in die kouer wintermaande.. Die leefarea en kombuis is oopplan en ‘n ruim houtdek kyk uit oor die dam en die pragtige berge – ideaal vir skemerkelkies. Hierdie eenheid is geskik vir 6 gaste. Beddegoed word voorsien.

DE OUDE OPSTAL

LeeuwenboschfonteinDE OUDE OPSTAL: R1800.00 per nag vir 6 persone ingesluit. R100 add persoon
Hierdie eenheid het 3 slaapkamers, twee vol badkamers en slaap gerieflik 9 gaste. Ekstra matrasse kan gereël word. Die opstal het ‘n groot plaaskombuis met ‘n braai sowel as ‘n familiekamer wat ideaal is vir klein konferensies van sowat 15 gaste. Die familiekamer het ‘n ingeboude braai vir informele funksies. Die opstal loop uit op ‘n groot grasperk langs die dam. Die huis is ook uitgebrei met ‘n lapa met ‘n swembad, braai en pizza oond.

DALZICHT KOTHUIS

LeeuwenboschfonteinDALZICHT KOTHUIS: R550.00 per nag vir 2 persone ingesluit. R100 add persoon
Dalzicht Kothuis is langs die Hoof Gastehuis geleë en deel die groot grasperke en ‘n skaduryke wilgerboom, maar bied steeds genoeg privaatheid vir gaste. Hierdie selfsorg kothuis slaap 4 gaste in 1 slaapkamer. Daar is ‘n groot oopplan kombuis en leefarea wat uitloop op ‘n privaat stoep met ‘n ingeboude braai. Beddegoed word voorsien.

BERGZICHT KOTHUIS

LeeuwenboschfonteinBERGZICHT KOTHUIS: R550.00 per nag vir 2 persone ingesluit. R100 add persoon
Bergzicht kothuis het 1 slaapkamer met ‘n dubbelbed. Die kombuis is oopplan en ruim en vloei na ‘n leefarea met ‘n vuurherd. Die slaapbank in die leefarea kan 2 kinders slaap. Beddegoed word voorsien.

WILLOWS

LeeuwenboschfonteinWILLOWS: R600.00 per nag vir 4 persone ingesluit. R100 add persoon
Hierdie kothuis is ‘n gerestoureerde arbeidershuisie naby die kampterrein. Hierdie selfsorg eenheid kan tot 6 gaste slaap. Die kothuis is uitgebrei met ‘n lapa vir heerlike kuiers buite. Die huisie beskik oor die meeste moderne geriewe en elektrisiteit.
Die Willows Kothuis is ideaal vir ‘n bekostigbare naweek saam met vriende wat in die kampterrein kom kamp. Vars fontein water word gebruik vir stort en kook doeleindes terwyl die gefiltreerde water vir drink gebruik kan word. Beddegoed word voorsien.

Kango Gastehuis

TIPE AKKOMODASIE: Selfsorg
NAASTE DORP:  48 km vanaf Montagu
STREEK: Koo-Vallei
PROVINSIE:  Wes-Kaap
GPS: 3338’5.684″S 1951″59.385″E
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: R250 per persoon per nag

Camping

SELFSORG

Kango Gastehuis
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Geen
Grondbedeking NVT
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Teer
Selfoon Ontvangs Ja
Beskrywing Kango Gastehuis is ideaal vir ‘n groep of gesin van 8. Die plaashuis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. 2 van die slaapkamers het elkeen ‘n dubbelbed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het ‘n stapelbed. Die 2 badkamers het elkeen ‘n stort. Linne en handdoeke word vir u gerief voorsien. Dit is toegerus vir selfsorg, die kombuis beskik oor ‘n stoof en oond, ‘n yskas, ‘n vrieskas, eetgerei en breekware en ‘n eettafel. Die sitkamer het ‘n TV en ‘n binnebraai-area. Daar is buite braaigeriewe ook beskikbaar en hout word op die plaas verkoop.Gastehuis is ongeveer 48 km vanaf Montagu, die naaste dorp. Dit is op ‘n plaas geleë. Beskik oor 4 kamers en 2 badkamers. Gastehuis word as ‘n geheel bespreek. Kom geniet die rustigheid van die plaaslewe!!
Aanwysings 30 min se ry op die R318 vanaf Montagu en 1 uur se ry vanaf Worcester en dus 2 ure se ry vanaf Kaapstad.
Aktiwiteite 4×4 roete
Grootskerm TV
Ander Aktiwiteite zipslide
Fasiliteite Eie braai

Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite om op die plaas te geniet, soos fietsry, wandel, voetslaan en ‘n 4×4 roete. Die buurplaas het 4×4 roetes van makliker tot meer uitdagender roetes en ‘n Zipline, wat op versoek bespreek kan word.

Kango Gastehuis (10)

KONTAK
Kontak persoon Engela le Roux
Kontak nommer 0825073855
Kontak nommer 023-6143879
Epos gjleroux@1drag.co.za

Inkloktyd 11:00 to 19:00
Uitkloktyd 10:00