Thabaphaswa Mountain Sanctuary

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  11km
STREEK: Mokopane
PROVINSIE: Limpopo
GPS: -24.058798, 29.043916
OMGEWING: Dam,Bosveld,Plaas,Bergoord,
Natuurreservaat
TARIEWE VANAF: R60 – R330

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 10
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik Ja
Visvang Ja – dam
Swemplek Dam
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

visswemtent karavaan campervan honde

BESKRYWING

Thabaphaswa Mountain Sanctuary bied ‘n wonderlike bosveld-toevlugsoord  in ‘n natuurlike kom wat tussen die berge versteek is. Natuurliefhebbers besoek graag hierdie bestemming om weg te breek van die stadslewe en om die bosveld in die berge te ervaar en te geniet.  Hierdie bestemming is op die Percy Fyfe-pad sowat 16 km Noord vanaf Mokopane/Potgietersrus in die Limpopo provinsie geleë. Thabaphaswa Mountain Sanctuary is tussen 2 hoofpaaie in die Noorde geleë (N1 en die N11). Dit is die ideale oornagplek vir reisigers op pad na die Krugerwildtuin.

Daar word verskeie akkomodasie aangebied, naamlik verblyf in die uniek ontwerpte boskampe, ‘n 4×4-berghut en ‘n kothuis, The Pumphouse,  wat volledig toegerus is vir selfsorg.  The Pumphouse is ideaal vir ‘n paartjie op ‘n romantiese wegbreek. Die oornag-kampe se geriewe is basies en is gekamoefleer tussen groot rotse en smelt mooi saam met die omgewing.  Troeteldiere is welkom om saam te kom.

Daar is heelwat aktiwiteite waaraan besoekers in die omgewing kan deelneem, soos stap, draf, bergfietsry, 4×4-roetes, rotsklim en abseil.  Gaste is welkom om te ontspan in die plaas- of natuurlike damme. Daar is 2 foefie-slides wat vir ure se pret en plesier verseker.

Thabaphaswa Mountain Sanctuary is ‘n werkende Nguni-plaas.  Gaste kan hier ware Suid-Afrikaanse plaas-gasvryheid ervaar!

AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Bergklim
Hengel
Kuier lapa
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Foefieslide


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Donkie vir stook van water
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Eie braai

braai kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Special rates:

  • Children 4-12 years – half price
  • Children under 4 years – free of charge (basic option)
  • Children under 4 years – 50% of rate (linen supplied by Thabaphaswa)
  • Dogs: Free of charge
  • 15% Discount for organized groups (10 or more people)
  • Special rates for interest groups
  • Minimum 2 nights over a weekend to qualify for special rates
  • 20% Pensioners discount for midweek bookings
Kontak persoon Deon Richter
Kontak nommer 082 389 6631
Kontak nommer 015 491 4882
Epos thabaphaswa@gmail.com

DIRECTIONS TO THABAPHASWA FROM GAUTENG
Travel North on the N1 and go through the Kranskop Tollgate. Continue on the N1 up to the next Toll Gate = Nyl Plaza.

Leave the N1 by taking the left gate with the sign “To Mokopane” [ If you need to pay more than R13 you are at the wrong gate and on your way to Polokwane and Zimbabwe]

Travel to Mokopane on the R101. Travel through the town on the main street = Thabo Mbeki.

As you leave Mokopane on the way to Polokwane you will find the Percy Fyfe road on the left. Travel 11km on that road until you reach a narrow one way bridge over the Rooisloot. [The Percy Fyfe road turns into a dirt road]

After you have crossed the bridge you will find our brown tourism sign on the left = Thabaphaswa Mountain Sanctuary.

Turn left and travel 3 km on a farm road between game fences until you reach our gate across the road with a sign “Welcome to Thabaphaswa”. [You will pass several gates before you reach our main gate.] This gate is always unlocked.

Then follow the signs indicating “Reception” until you reach our Homestead.

DIE MENSE Sê

Thabaphaswa Mountain Sanctuary is ‘n pragtige plek met lieflike staproetes.

Ons het dit terdeë geniet en oom Deon het uit sy pad gegaan om ons behulpsaam te wees en op die dorp te kom haal en weer terug te neem dorp toe na ons verblyf in die Pomphuis. Baie dankie, ons sien jul binnekort weer. Christa

Die personeel is wonderlik, die natuur en die vrye toegang tot die omgewing ens was fantasties. Ons het op die ou end heerlik gekuier en gerus en sal net meer voorbereid gaan kuier die volgende keer. Ek sal dit aanbeveel vir vriende wat van kamp hou, maar dit is beslis nie vir mense wat van gerief hou nie. Hantie

Lieflike omgewing en konsep.

Hoë waardering vir afgesonderdheid van plaasbedrywighede, voel letterlik of jy alleen in die bos bly. Lekker warm storte en spoeltoilette sorg vir bietjie beskawing in die bos-ervaring. Onthou net, daar is nie ‘n kombuis nie, net ‘n opelug-kooklapa. Definitief nie net ‘n oorslaaptuiste nie. Dis ‘n MOET om langer te vertoef om die skoonheid en uniekheid te geniet. Petro

Beskrywing van Tipe akkomodasie

Bendito Ranch

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Mokopane (Potgietersrus)20km
STREEK: Mokopane
PROVINSIE: Limpopo
GPS: S 24 02 55.6 E 29 05 45.7
OMGEWING:  Wildplaas
TARIEWE VANAF: R250.00

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Bendito Ranch

Kamp Staanplekke 3
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – dam
Swemplek Dam
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING
Beskrywing Bendito Ranch Boskampeer staanplekke vir die avonturier met die egte Africa (Botswana) ervaring. Elke staanplek by Bendito Ranch is privaat diep in die bos geleë (sowat 2km van mekaar af) met eie bosstort, toilet en braaiput. Staanplekke is onder natuurlike skaduryke bome. Daar is geen heining om die staanplekke om die besoeker die gevoel van eenheid met die natuur te gee. Daar is 16 spesies wild wat vrylik rondbeweeg. Elke staanplek kan 2 boswaentjies akkomodeer (6-8 Persone) of 2 bos karavane. Bendito Ranch het stalle vir perdeliefhebbers. Jy is welkom om met jou perd te kom kuier en die pragtige area te perd te verken.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Perdestalle vir gaste wat met hulle eie perde wil kom ry.
14 Wildspesies op die plaas.
Wildritte in Bendito Ranch se wildritvoertuie.


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Nee
Privaat opelug ablusiegeriewe met stort en toilet by die kampplekke Botswana-styl kampplekke
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee
Winkel: Ja

braai kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 082 562 6951
Kontak nommer 082 562 6951

SELFSORG

SELFSORG
Selfsorgeenhede: 1
Tipe akkomodasie Ander
Selfsorg Bekostigbare gastehuis in plaashuisstyl met 4 en-suite dubbel slaapkamers. die slaapkamers is toegerus met waaiers, linne en handdoeke. Daar is 2 sitkamers en ‘n eetkamer met ‘n groot kombuis. Die groot kombuis maak ook voorsiening vir 2 groepe en is toegerus met breekware, messegoed, mikrogolfoonde, elektriese stowe en vries/yskaste. Die lapa en braai area bied ‘n gesellige kuierplek vir gaste.

R350.00 pppn


TERUGVOER

Ongelooflike lekker boskamp-ervaring.

Boskamp baie netjies. Pragtige omgewing. Rustige, great natuur-ervaring. Gasvrye eienaars. Ons is boskampers en sal beslis weer op Bendito Ranch gaan kamp.

Plattelandse gasvryheid op pragtige plaas waar mens heerlik uitrus.

‘n Heerlike groot huis waar jy met baie mense kan bly sonder om in mekaar se pad te sit. Die stilte is lieflik en so ook die warme gasvryheid van die eienaars. Hulle het ons baie tuis laat voel. Die dagelikse wildritte was ‘n stilword en geniet oomblik. Fietsry en stap het ons te min gedoen, maar die kere wat ons dit gedoen het, het ons geniet.

Wonderlik in die natuur, lieflike voëllewe en baie wild om te sien.

Baie gasvry ontvang en die boskamp is baie privaat en voldoen aan al die verwagtinge. Sal beslis aanbeveel vir die wat kalmte en rustigheid soek.