Schoongezicht Kampterrein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Op die Berg (28 km)
STREEK: Sederberge
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: S 32.817768, E 19.218452
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R200

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 6
Persone Per Staanplek: 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Nee
Swemplek: Kouewater Swembad
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:  Gedeeltelik
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja

grondpad swem geen-honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Schoongezicht Kampterrein

Beskrywing: Schoongezicht Kampterrein lê aan die voet van die Skurweberg ( aan die rand van die Cederberge ) op die plaas Schoongezicht in die Koue Bokkeveld. Dit word gekenmerk deur pragtige natuurskoon en stilte. As jy gaan stap of fietsry mag jy dalk een van die drie troppe ribbokke sien. Daar is ‘n heerlike swempoel wat gevul is met vars bergwater. Daar is 2 aparte badkamers, elk met sy eie toilet, warm stort en wasbak. Opwasgeriewe bestaan uit 2 warmwater wasbakke buite die ablusie. Die lapa is ‘n gemeenskaplike braaiplek met ‘n kragpunt.

SCHOONGEZICHT KAMPPLEK BESTAAN UIT DIE VOLGENDE:
Daar is 6 kampstaanplekke met krag
Dan is daar ‘n nuwe eenkant kampstaanplek sonder krag, maar met sy eie ablusie met sonpaneel ligte.

Wat om te bring:
Braairooster, swemhanddoeke, sonskerm, toiletpapier, muskietspuit, vuuraanstekers

Aanwysings
Ry tot in die dorp Ceres
By die 2de robot ( Polisie aan jou regterkant) draai jy links PA Hamlet toe.
Ry regdeur PA Hamlet Gydo pas uit en hou reguit aan tot jy die dorpie Op die Berg kry. Hou reguit deur die dorpie.
Die plaas is sowat 23 km na die dorpie op jou linkerkant.
Jy kry eers die plaas Bo Bokfontein links en regs van die pad. Net na dit kry jy n Bloekombos aan jou linkerkant en dan sak jy, dan is die plaasafrit net daarna op jou linkerkant: Schoongezicht
By die plaasingang is daar 2 bloekombome, 2 groot buitebande en 2 groot karooklippe wat jy nie kan mis nie. Jy sal ook nie die geboude klipmuur met die groot pot bo-op die muur kan mis nie
Draai dan in en volg die grondpad ( +- 4.2 km ) tot by die stoor op jou linkerkant. Net na die stoor is n klippilaar met n pyl wat links wys. Draai links op deur die akkerbos en volg die pad tot bo by die huisie en kampterrein.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV:  Nee
4×4 Roete: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Nee
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja

vuurmaak swings stap off-road fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe:Nee
Familie Badkamers:  Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee

vullis-blik toilette stortbad restaurant kraanwater braai krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon Anso van der Merwe
Kontak nommer  082 855 4573

As jy moeg word vir die lewe in die stad, dan vat jy die pad na dié lekker kampplek. Schoongezicht Campsite is die ideale wegbreekplek vir jonk en oud en groot en klein. Dis is aan die voet van die Skurweberge in die Koue Bokkeveld naby Citrusdal ─ ver van die stad se geraas, so jy kan gerus bietjie hiér kom stoom afblaas.

Selfsorg Beskrywing

KARAVANE

Selfsorg KARAVANE
Die karavane is toegerus met krag, ligte, ‘n mikrogolfoond, ‘n kampketel, ‘n afdak, ‘n piekniekbank buite en ‘n braaidrom.
Hout vir een keer se braai word voorsien.
Bring eie rooster, kampstoele, beddegoed, breekware en eetgerei.
Karavaan 1: 2 dubbelbeddens, groot yskas
Karavaan 2: 2 dubbelbeddens, klein yskassie
Karavaan 3: 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, klein yskassie
Karavaan 4: 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, klein yskassie

SELFSORGHUISIE

SELFSORGHUISIE
Die huisie het ‘n heerlike outydse atmosfeer en is toegerus met die volgende:
Twee slaapkamers: Dubbelbed en twee enkelbeddens
Slaap 4 gaste ( Ekstra slaapplek vir 4 kinders onder 12 jaar beskikbaar : Karavaantjie en sitkamerbanke )
Een badkamer met bad, toilet en wasbak. Stort is apart.
Welcome dover stoof in die kombuis (heerlik vir die winter)
Ten volle toegeruste kombuis
TV met beperkte DSTV kanale
Badhanddoeke en beddegoed ingesluit vir 4 persone
Onderdak stoep met tafel
4 kampstoele
4 warmwatersakke en ekstra komberse (winter)
Binnebraai asook losstaande braai buite ( Hout vir een keer se braai word voorsien ) ( rooster word voorsien )
Nie toegelaat nie : Troeteldiere, motorfietse, gewere

BaliesGat

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Op-Die-Berg, Ceres, Citrusdal
STREEK: Sederberge/Koue Bokkeveld
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: S32 44.778 E19 17.541
OMGEWING: Plaas,Rivier
TARIEWE VANAF: R120

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 4
Persone Per Staanplek:
Troeteldiervriendelik: Ja
Visvang: Ja
Swemplek:  Kouewater Swembad, Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:  Ja
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Nee

grondpad swem honde campervan tent

BESKRYWING

Beskrywing

BaliesGat

BaliesGat Die Kampterrein kan alleenlik met ‘n hoë grondvryhoogte voertuig bereik word. Hoef nie noodwending ‘n 4×4 te wees nie. Indien daar iets gesleep word verkieslik dan ‘n 4×4.
Daar is Geen Elektrisiteit nie
Vir ‘n natuurliefhebber en sterrekyker is dit die plek om te besoek. Hier is Boesmanstekeninge en ongelooflike rotsformasie.

Aanwysings Van Ceres:
80km op die R303
Draai Regs by Du Toit Tandfontein Bordjie
6km op die Grondpad
Hou Reguit aan by die Balie’s Gat Camping Site bordjieVan Citrusdal:
50km op die R303
Draai Links by Du Toit Tandfontein Bordjie (NIE die Onder Tandfontein Bordjie nie)
6km op die Grondpad
Hou Reguit aan by die Balie’s Gat Camping Site bordjie
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Bergklim
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Hier is baie om te doen in die omgewing en ons is omring met 4×4 roetes.

vuurmaak swings stap off-road fietsry bergklim 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Kraan by staanplek
Eie braai

Ons verkoop die heerlikeste vars porbroode en roosterkoeke (op bestelling). Ons bied ook Spitbraai vir Groepbesprekings.
Vir die beste tuisgemaakte konfyte & gedroogde vrugte, lieflike vars perskes, lemoene en nog vele ander plaas produkte (seisonaal) ook beskikbaar

vullis-blik toilette stortbad restaurant kraanwater  braai

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak en tariewe

Kontak persoon  Yvonne
Kontak nommer 083 346 3994

Tariewe Volwassenes: R120 per persoon per nag
Kinders: R60 per kind per nag (Kinders onder 10jaar is gratis)
Hond: R30 per hond per nag

RESENSIES (3)