Pabala Game Farm

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Hankey / Jeffreysbaai (30 km)
STREEK: Loerie-distrik
PROVINSIE: Oos-Kaap
GPS: -33.838017,24.944851
OMGEWING: Wildplaas

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 4
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik NEE
Visvang NEE
Swemplek GEEN
Grondbedeking GRAS
Skaduwee GEDELTELIK
Toeganklikheid GRONDPAD
Selfoon Ontvangs JA

geen-honde tent karavaan

BESKRYWING
Beskrywing

Pabala Game Farm

Pabala Game Farm lê in die Oos-Kaap op ‘n plaas in die Loerie-distrik, tussen die Tuinroete en die Baviaanskloof. Die plaas is slegs sowat 30km vanaf Jeffreysbaai geleë. Die oop landskappe is asemrowend. Die groot terrasse is ideaal vir gaste wat wil kyk hoe die wild daagliks na die nabygeleë watergat optrek om water te kom suip.

Gemaklike selfsorg verblyf word aangebied sowel as luukse tente en kampplekke.
Die Pabala Tented Bush Camp bied 4 kampeerplekke met ‘n ablusieblok. Kom slaan jou tent op op die gras terrasse en verlustig jou in die pragtige uitsigte oor die landskappe en natuur waar die diere vryelik rondloop – die staanplekke word so natuurlik moontlik gehou. Die kampplek area is omhein en bied ‘n veilige omgewing vir die kampers.

n Selfsorg eenheid is ook beskikbaar vir gaste wat nie wil kamp nie. Die Tweeslaapkamer kothuis het ‘n oopplan-kombuis en leefvertrek wat lei na die stoep wat vir jou ‘n pragtige uitsig bied oor die plaas en die Cockscomb Berge. Die hoofslaapkamer het ‘n pragtige uitsig en het ‘n dubbelbed en ruim kaste. Die tweede slaapkamer is ook ruim en het 2 enkelbeddens. Die badkamer het ‘n bad en ‘n stort. Komplimentêre toiletware word voorsien. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stofie, mikrogolf en ‘n ketel.
Besoekers is welkom om saam met die ervare veldgidse op ‘n begeleide wandeling te gaan of om op ‘n wildbesigtigings uitstappie te gaan in een van die oop voertuie.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Kuier lapa
Staproetes
Wildkyk

swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kragpunt
Eie braai

braai krag stortbad

Big Fish Caravan Camping

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: 15 km van Jeffreysbaai
STREEK: Gamtoosvallei/Kouga/Baviaans
PROVINSIE: Oos-Kaap
GPS:  -33.9408088, 25.0155580
OMGEWING: Rivier Kus Plaas
TARIEWE VANAF: R250 per staanplek (sluit 2 mense in).
R100 per persoon ekstra/additioneel.

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Oorsig
Kamp Staanplekke 40
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Ja – rivier
Swemplek Rivier
See
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing Big Fish Caravan and Camping is ideaal vir ‘n heerlike familie vakansie of ‘n rustige naweek se kamp in ‘n beskutte karavaanpark. Daar is meer as genoeg bome vir skaduwee en beskerming teen die Suidooster wind. Hierdie kampterrein is baie gewild onder die vissermanne wat by die Gamtoosrivier kom visvang. Die kampterrein is op die wal van die rivier geleë, sowat 1.5km vanaf die Gamtoosrivier monding en dis juis hier waar die groot kabeljoue uitgetrek word.

Kom beleef die genot van visvang terwyl jy steeds die klein luukses van die lewe geniet by die kampterrein. Die rivier bied baie vir oud en jonk om te doen. Kom ry kano, doen kite surfing, sand boarding en nog vele meer.

Die plaas is elke jaar die gasheer van die welbekende GAM1000 visvang kompetisie.

Aanwysings
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Bergklim
Hengel
Speelpark vir kinders
Swem
Wildkyk


vis swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Familie badkamers
Kraan by staanplek
Karavaan kragpunt
Eie braai

braai kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Deon (Bestuurder)
Kontak nommer (079) 202 5143
Kontak nommer (083) 226 5770
Epos owner@bigfishcaravan.co.za
Epos info@bigfishcaravan.co.za
FB
[avia_codeblock_placeholder uid="0"]

No 8 @ Blues Bay

TIPE AKKOMODASIE: Selfsorg
NAASTE DORP:  Jeffreysbaai
STREEK: Kouga
PROVINSIE:  Oos-Kaap
GPS: -34.032330, 24.926789
OMGEWING:  Kus
Kontak: 0845035355

Camping

Selfsorg Beskrywing

BESKRYWING
Beskrywing Blues Bay is gelee in die wereld bekende Marina Martinique by Jeffreysbaai.Die Marina bestaan uit kanale van bykans nege kilometer.Blues Bay is 150 meter van die see waar daar gehengel,stap kuslangs to by St Francisbay,duik,surf of net lekker kan uitgespan kan word op die sand.Die area is veilig en natuurskoon is pragtig.
Aanwysings Vanaf Jeffreysbaai neem die pad na Astonbay,draai links by die aanwysings na die Marina,volg die pad,Island Palm Drive,Blues Bay is aan die linkerkant ,oorkant die ingang na The Wharf restaurant net na die verkeersirkel.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Golf
Grootskerm TV
Hengel
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Surf,kayak,stand up paddle in die kanale,restaurante 200 m vanaf oord.
Fasiliteite Eie braai