Bushman’s Cave Akkommodasie en Kampering
Bushman’s Cave Akkommodasie en Kampering
Kamp Staanplekke | 20 |
Persone Per Staanplek | NVT |
Troeteldiervriendelik | Vooraf reëling |
Visvang | Ja – dam |
Swemplek | Kouewater swembad |
Grondbedeking | Gras/grond |
Skaduwee | Ja |
Toeganklikheid | Grondpad |
Selfoon Ontvangs | Wi-Fi |
Bushman’s Cave Akkommodasie en Kampering
Bushman’s Cave bied Akkommodasie en Kampering met volledige ablusie-geriewe.Daar is ook vier 4×4 roetes beskikbaar. Van die bes bewaarde Boesmantekeninge het daar behoue gebly en die baie besonderse plantegroei met spesies van die Kaapse fynbos, is ‘n lus vir die oog. Die Tafelbergsandsteen rotsformasies is ook werklik ‘n moet om te sien en eie aan die omgewing. Etes wat in die ope lug kombuis voorberei word, met vars gebakte roosterkoeke en brood uit die buite-oond as die hoogtepunte, sorg ook altyd vir ‘n feesmaal. Sien ook ander fotos op aanhangsel vir ‘n breër prentjie van Bushman’s Cave.
Die Bushmans Cave Bergteater is aan die voet van die Cederberge, sowat 35 km buite Clanwilliam gelee. Die venue is in die berge, op die plaas Oude Muur van Erik en Melinda de Milander. Danie Niehaus wat n huisvriend van die De Milanders is, het sowat drie jaar gelede die visie gehad dat n opelugteater daar geskep kan word. Nadat koppe bymekaar gesit is, is daar toe begin om die teater te ontwikkel. Die eindresultaat was werklik iets besonders en verskeie van die land se top kunstenaars het al daar opgetree.
– Daguitstappies na bv. Lambertsbaai, Clanwilliam, Strandfontein, Bulshoekdam, Wupperthal
Aanwysings GPS Koördinate – Suid 31º 57’ 19,9’’ en Oos 18º 58’ 53,1’’
• Vanaf Kaapstad N7 – Ry verby Clanwilliam Dam en volg afrit na links vir Clanwilliam. Draai dan onmiddellik na regs op R364.
• Ry reguit met pad (R364) deur Clanwilliam.
• Toyota, KFC en De Vlei Diensstasie op linkerhand.
• Hou reguit aan en volg die R 364 roete in rigting Calvinia en Wupperthal.
• Ry oor Jan Disselsrivierbrug, met Augsburg Plaas en Boskloof afritte op regterhand. Ry verby.
• Na 2 km kry jy Klawer afdraai na links. Hou reguit aan. Moenie afdraai nie. Dit is alternatiewe roete via Nardouwsberg.
• Ry met teerpad oor Pakhuis pas.
• Ongeveer 32 km uit Clanwilliam is daar afdraai na links. Wolfdrift, Elizabethfontein, Fredericksdal. DRAAI HIER AF!!!!!
• Pad gaan nou oor in gruispad.
• Ry vir ongeveer 16 km reguit aan tot jy bord op regterhand kry wat aan twee lang pale vasgebout is.
• Oude Muur, Erik en Melinda de Milander, Bushman’s Cave Navrae.
• Hek no.20
• Draai hier af en ry opstal binne.
Aktiwiteite | 4×4 roete Bergfiets roetes Bergklim Grootskerm TV Hengel Staproetes Swem Wildkyk |
Ander Aktiwiteite | Rotskuns wandelroete by Bushman’s Cave Bergteater |
Fasiliteite | Gemeenskaplike ablusiegeriewe Opwasgeriewe Kraan by staanplek Kragpunt Karavaan kragpunt Eie braai Winkel |
Ander Fasiliteite | Pool tafel, Veerpyltjiebord, Tafeltennis |
Bushman’s Cave Selfsorg Akkommodasie
Selfsorg Kothuise eenhede: 11
Selfsorg – Vanaf R450 per nag per Kothuisie vir 2 persone tot maksimun 4.
– Huisies is volledig toegerus
Kontak persoon | Erik of Melinda de Milander |
Kontak nommer | 073 158 4008 of 083 230 5763 |
Kontak nommer | 027 482 2918 |
Epos | erik@bushmanscave.co.za |
Epos | melinda@bushmanscave.co.za |
Webblad | www.bushmanscave.co.za |
Bushman’s Cave Bergteater | |
Notas | – Rustige Plaas atmosfeer – Zero Misdaad area – As jy HITTE SENSITIEF is, oorweeg eerder alternatiewe opsie – Aande is fantastiese weer |
FACEBOOK TERUGVOER