Nature’s View

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Citrusdal (13km)
STREEK: Olifantsriviervallei, Sederberge
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: S 32.716883 E 19.033483
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R100 pppn 

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 20
Persone Per Staanplek: 6
Troeteldiervriendelik: Met reelings
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier Kouewater Swembad
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Gedeeltelik
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Nee

vis grondpad swem honde campervan karavaan tentselfoon-ontvangs bed

BESKRYWING

Beskrywing
Nature’s View is geleë op die warmbad pad teen die voet van die berg met die Olifantsrivier wat stapafstand van die kamp af is. Ons beskik oor groot gras staanplekke, met krag en groot en netjiese ablusieblokke. Op die terrein het ons ‘n rockpool, ‘n volleyballnet, ‘n gelisensieërde kroeg vir die rugbykykers, staproetes en kayaks wat ons verhuur om onder in die rivier te geniet. Beslis die moeite werd om hier te kom ontspan!
Aanwysings
Nature’s View is geleë sowat 10 km vanuit Citrusdal. Neem die afdraai na Citrusdal vanaf die N7. Ry vir ongeveer 1 km en draai na regs op die pad na “The Baths”. Ry aan op die pad en volg die bordjies na Nature’s View – op die regterkant.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Nee
Grootskerm TV:  Nee
4×4 Roete: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Ander Aktiwiteite

  • Rock pool
  • Quad roete – bring jou eie quad saam
  • Boogskiet
  • Paintball
  • Kayak huur

wilde-diere vuurmaak visvang swings stap off-road fietsry boot 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja

vullis-blik toilette stortbad  kraanwater braai krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon  Elizma Lambrechts
Kontak nommer  0827738310 of 0823291229

Selfsorg Beskrywing

SELSORG

Selfsorg Eenhede beskikbaar
NATURE”S VIEW het een wendyhuisie wat as selfsorg eenheid verhuur word. Daar kan 2 mense slaap endie eenheid het sy eie kombuisie. Inwoners moet die ablusiegeriewe van die kamp gebruik. Die huisie het sy eie stukkie gras en braai geriewe.

Vanaf: R280 vir die eenheid per nag (slaap 2 persone)

Schoongezicht Kampterrein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Op die Berg (28 km)
STREEK: Sederberge
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: S 32.817768, E 19.218452
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R200

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 6
Persone Per Staanplek: 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Nee
Swemplek: Kouewater Swembad
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:  Gedeeltelik
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja

grondpad swem geen-honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Schoongezicht Kampterrein

Beskrywing: Schoongezicht Kampterrein lê aan die voet van die Skurweberg ( aan die rand van die Cederberge ) op die plaas Schoongezicht in die Koue Bokkeveld. Dit word gekenmerk deur pragtige natuurskoon en stilte. As jy gaan stap of fietsry mag jy dalk een van die drie troppe ribbokke sien. Daar is ‘n heerlike swempoel wat gevul is met vars bergwater. Daar is 2 aparte badkamers, elk met sy eie toilet, warm stort en wasbak. Opwasgeriewe bestaan uit 2 warmwater wasbakke buite die ablusie. Die lapa is ‘n gemeenskaplike braaiplek met ‘n kragpunt.

SCHOONGEZICHT KAMPPLEK BESTAAN UIT DIE VOLGENDE:
Daar is 6 kampstaanplekke met krag
Dan is daar ‘n nuwe eenkant kampstaanplek sonder krag, maar met sy eie ablusie met sonpaneel ligte.

Wat om te bring:
Braairooster, swemhanddoeke, sonskerm, toiletpapier, muskietspuit, vuuraanstekers

Aanwysings
Ry tot in die dorp Ceres
By die 2de robot ( Polisie aan jou regterkant) draai jy links PA Hamlet toe.
Ry regdeur PA Hamlet Gydo pas uit en hou reguit aan tot jy die dorpie Op die Berg kry. Hou reguit deur die dorpie.
Die plaas is sowat 23 km na die dorpie op jou linkerkant.
Jy kry eers die plaas Bo Bokfontein links en regs van die pad. Net na dit kry jy n Bloekombos aan jou linkerkant en dan sak jy, dan is die plaasafrit net daarna op jou linkerkant: Schoongezicht
By die plaasingang is daar 2 bloekombome, 2 groot buitebande en 2 groot karooklippe wat jy nie kan mis nie. Jy sal ook nie die geboude klipmuur met die groot pot bo-op die muur kan mis nie
Draai dan in en volg die grondpad ( +- 4.2 km ) tot by die stoor op jou linkerkant. Net na die stoor is n klippilaar met n pyl wat links wys. Draai links op deur die akkerbos en volg die pad tot bo by die huisie en kampterrein.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV:  Nee
4×4 Roete: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Nee
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja

vuurmaak swings stap off-road fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe:Nee
Familie Badkamers:  Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee

vullis-blik toilette stortbad restaurant kraanwater braai krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon Anso van der Merwe
Kontak nommer  082 855 4573

As jy moeg word vir die lewe in die stad, dan vat jy die pad na dié lekker kampplek. Schoongezicht Campsite is die ideale wegbreekplek vir jonk en oud en groot en klein. Dis is aan die voet van die Skurweberge in die Koue Bokkeveld naby Citrusdal ─ ver van die stad se geraas, so jy kan gerus bietjie hiér kom stoom afblaas.

Selfsorg Beskrywing

KARAVANE

Selfsorg KARAVANE
Die karavane is toegerus met krag, ligte, ‘n mikrogolfoond, ‘n kampketel, ‘n afdak, ‘n piekniekbank buite en ‘n braaidrom.
Hout vir een keer se braai word voorsien.
Bring eie rooster, kampstoele, beddegoed, breekware en eetgerei.
Karavaan 1: 2 dubbelbeddens, groot yskas
Karavaan 2: 2 dubbelbeddens, klein yskassie
Karavaan 3: 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, klein yskassie
Karavaan 4: 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, klein yskassie

SELFSORGHUISIE

SELFSORGHUISIE
Die huisie het ‘n heerlike outydse atmosfeer en is toegerus met die volgende:
Twee slaapkamers: Dubbelbed en twee enkelbeddens
Slaap 4 gaste ( Ekstra slaapplek vir 4 kinders onder 12 jaar beskikbaar : Karavaantjie en sitkamerbanke )
Een badkamer met bad, toilet en wasbak. Stort is apart.
Welcome dover stoof in die kombuis (heerlik vir die winter)
Ten volle toegeruste kombuis
TV met beperkte DSTV kanale
Badhanddoeke en beddegoed ingesluit vir 4 persone
Onderdak stoep met tafel
4 kampstoele
4 warmwatersakke en ekstra komberse (winter)
Binnebraai asook losstaande braai buite ( Hout vir een keer se braai word voorsien ) ( rooster word voorsien )
Nie toegelaat nie : Troeteldiere, motorfietse, gewere

Blinkwater Camping & Cottages

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Citrusdal 10km
STREEK: Cederberg Area
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: -32.63089, 19.09981
OMGEWING:  Rivier
TARIEWE VANAF:  R300pn

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 14
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Rivier
Grondbedekking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

swemtent karavaan campervan honde

BESKRYWING

Blinkwater Camping and Cottages

Blinkwater Camping and Cottages is geleë op ‘n 25 hektaar landskap waardeur die Boontjiesriver rustig kronkel. Die kampplekke is langs die rivier geleë.

Daar is 14 kampplekke beskikbaar. Elke kampplek het water, elektrisiteit en braaigeriewe. Die ablusie is sopas voltooi en beskik oor 4 ruim badkamers met groot storte (ideaal vir mammas met kinders). Daar is ook 2 aparte toilette.

Blinkwater Camping and Cottages kan met gemak ook groter groepe akkomodeer. Daar is ‘n boma/lapa area wat ideaal is vir groter groepe om te kuier. Die lapa area is geskik vir verjaarsdae, familie reunies, werksfunksies ens. Onthaaldienste is ook beskikbaar en sluit in spitbraai, potjiekos, biefstuk etes, drank ens.

Daar is ‘n swembadarea sowel as ‘n amfiteater wat geskik is vir kleiner/intiem konserte en ander funksies.
Blinkwater Camping and Cottages is sowat 10km vanaf Citrusdal op die R303 in die rigting van Ceres.

AKTIWITEITE en FASILITEITE
Aktiwiteite Kuier lapa
Swem
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Familie badkamers
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai

 

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak Besonderhede
Kontak persoon Wian van der Vyver
Kontak nommer 0836035500
Kontak nommer +27 22 921 2221

FB
KAART

Kothuise

Selfsorgeenhede: 2
Tipe akkomodasie: Kothuise
Blinkwater Camping and Cottages beskik oor 2 kothuise. Elke eenheid het 2 slaapkamers. ‘n oopplan kombuis en leefarea en netjiese badkamers. Bedlinne, handdoeke, breekware en eetgerei word verskaf.

R1200 per nag
4 pax max 6 persone

[avia_codeblock_placeholder uid="0"]

Koningskop

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Citrusdal (27km)
STREEK: Sederberge
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 32.497667 E 18.847583
OMGEWING: Dam Plaas
TARIEWE VANAF: R120

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke:   50
Persone Per Staanplek:   4
Troeteldiervriendelik:   Nee
Visvang:   Ja
Swemplek:   Kouewater swembad
Grondbedeking:   Gras
Skaduwee:  Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Teerpad
Selfoon Ontvangs:  Ja
Sekuriteit:  Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Koningskop

Koningskop is ‘n pragtige kampplek, geleë in ‘n vallei, omring deur berge en pragtige natuurskoon en langs ‘n waterstroom. Die kampeerplek is geleë op ‘n werkende plaas waar daar met sitrus en rooibostee geboer word. Daar is 50 staanplekke beskikbaar, elkeen met elektrisiteit, grasbedekking en groot bome vir koelte.  Die ablusiegeriewe is baie netjies met warm water.  Elke staanplek bied ‘n rustige atmosfeer wat jou na aan die natuur sal laat voel.  Die staanplekke is geskik vir karavane, tente, en boswaens.

In die warm somermaande kan kampers uitsien na lekker swem in die swembad, wat gevul word met koue fontein bergwater.  Daar is ook ‘n dam om in aft e koel.

Koningskop is 80km van die see en ‘n dagrit ver van die Rooibostee roete by Clanwilliam en omliggende dorpe. Koningskop bied twee 4×4 roetes, waarvan een 3.5 – 4 gegradeer is en ook ‘n staproete. Die kampplek is baie gewild en beslis ‘n kamp werd!

Aanwysings
Neem Paleisheuwel-afdraai vanaf N7 (bo-op Piekenierskloofpas naby Kardoesie padstal 10 km vanaf Citrusdal). Ry ongeveer 17, 5 km en vind Koningskop op die plaas, Wilgerbosdrif.

AKTIWITEITE

Bergfiets Roetes: Ja
Bergklim en Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Swem: Ja Swemgat en Kano en vlot op die dam
Speelpark vir kinders: Ja
Waterwurm: Nee 
4×4 roete: Ja

stap fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Winkel: Ja

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon  Die Bestuurder
Kontak nommer  021 100 3758
 Kontak nommer 076 175 2520

Tariewe: R120p/p
Kimders 2-11 R65pp
Kinders 2jaar en jonger Gratis

Wat sê Henry

Kamp by Koningskop

Net soos jy aan die bokant van die Piekenierskloof Pas kom draai jy links waar die bordjie Paleisheuwel sê . 18km (meeste grond pad) verder sal jy die bord aan jou regterkant kry vir Koningskop. Die res van die spannetjie (Heinie, Valme, Paul, Marina & Tessa) was alreeds daar en die vure het sommer lekker […]

Read More

SELFSORG

SELFSORG

3 Selfsorg Kothuise
Koningskop se selfsorg eenhede is tenvolle gemeubileer met beddegoed en handdoeke, DSTV, lugversorgers en ‘n braaiplek op die stoep. Gaste bring net hulle eie kos en ekstra vir handdoeke vir swem.
Kothuis 2 (slaap 2) R 1150 per nag
Kothuis 3 (Slaap 4) R 1150 per nag
Kothuis 4 (slaap 2 ) R 950 per nag
Inboek tye 14hoo In en 10H00 Uit


[avia_codeblock_placeholder uid="1"]