6 Punte om te onthou wanneer jy ‘n boswa koop
Kamp is ‘n wonderlike manier om tyd in die natuur deur te bring en in Suid-Afrika is ons bevoorreg om heerlike weer te kan geniet sodat ons die meeste naweke kan wegbreek vir ‘n kamp-naweek.
‘n 4×4 Boswa gee jou die vryheid om meer afgeleë kampplekke te besoek om daar te kamp. Jy kan die bos ervaring ervaar, in die berge gaan kamp of die Kalahari invaar.
Daar is 6 punte waarop jy moet let wanneer jy jou eie boswa koop.
Ek gee graag vir jou ons mening:
Kwaliteit van die Struktuur
Nie elke boswa word dieselfde gebou nie. Bestudeer die kwaliteit vakmanskap en gahalte van die boswa wat jy beoog om aan te skaf.
Geskiktheid van die boswa
Is die boswa geskik vir wat jy beplan – waar jy wil gaan kamp ens? As jy die regte boswa vir jou behoeftes aanskaf, sal jy ‘n meer genotvolle kampervaring geniet.
Spesifikasies
Kyk hier na die afmetings van die boswa, die pakspasie, kragtoevoer en hoogte (groud-clearance) van die boswa.
Vermoë om off-road te gaan
Om in die bosse en rowwe terrein in te vaar, beteken dat jou boswa ook hierdie tipe omstandighede moet kan aandurf en hanteer. Die boswa moet stewig en standvastig gebou wees.
Gemak
Hoe maklik/moeilik is dit om die boswa te gebruik en op te slaan? ‘n Boswa wat maklik opslaan en gebruikersvriendelik is, help om baie frustrasies uit die weg te ruim vir die gebruiker.
Gewig van die boswa
Hierdie faktor is ‘n baie belangrike punt om in gedagte te hou. Vergelyk die verskillende boswaens met mekaar en maak seker dat jy appels met appels vergelyk.