Hier is vyf van die Lekker Kampplekke in Suid Afrika elkeen met sy eie silwer randjie.

Silwerstroom

Wes-Kaap

Silwerstroom Kampeeroord is geleë op ‘n plaas tussen Clanwilliam en Citrusdal. Die kampterrein bestaan uit 16 kampplekke, elkeen met sy eie luukse badkamer en braaigeriewe.

Aktiwiteite: Bergfiets Roetes,    Staproetes,    Hengel,    Voëlskyk,    Swem,    Speelpark vir kinders

Silverstreams

KwaZulu-Natal

Silverstreams is geleë op die oewer van die Ngwagwana Rivier en aangrensend tot die Ukhalamba Wêreld Erfenis Park, in die Bushmansnek Vallei. Die oord is ‘n TROETELDIER-VRIENDELIKE oord.

Aktiwiteite: Bergfiets Roetes,    Staproetes,    Hengel,    Voëlskyk,    Swem,    Speelpark vir kinders

Silwerstrand

Wes-Kaap

Silwerstrand Karavaanpark is ‘n privaat vakansieoord in Robertson – een van die pragtigste valleie in Suid-Afrika en omring deur die Langeberge. Hierdie oord bied 58 staanplekke met pragtige uitsigte vir die kamper wat rustig wil kom kamp en ontspan.

Aktiwiteite: Bergfiets Roetes,    Bergklim en Staproetesin die Omgewing,    Gholf / Putt Putt,    Hengel,    Voëlskyk,   Swem,     Speelpark vir kinders,     Wateraktiwiteite

Silver Rocks

Limpopo

Silver Rocks Karavaanpark het ‘n 4 ster gradering en is op ‘n 510 hektaar wildsplaas, omring deur die Waterberge bosveld, geleë. Die oord is sowat 18 km buite Bela-Bela (Warmbad) en slags 130 km vanuit Pretoria.

Aktiwiteite: Bergfiets Roetes,    Bergklim en Staproetesin die Omgewing,    Gholf / Putt Putt,    Hengel,    Voëlskyk,   Swem,     Speelpark vir kinders,     Wateraktiwiteite: Ja

Silwervis

Noordwes

Silwervis se ablusiegeriewe is skoon en netjies. Die oord is naby Brits Mall geleë. ‘n Heerlike en veilige kampplek wat die moeite werd is om te besoek! Vang vis op die oewer van die Krokodilrivier terwyl die kinders speel en baljaar in die swembad of op die trampolien.

Aktiwiteite: Bergfiets roetes,    Hengel,   Speelpark vir kinders,     Staproetes,       Swem,    Waterglybaan in die warm seisoen

KAMPPLEK HET 10 JANUARIE 2017  GESLUIT EN SAL GEEN VERDERE BESPREKINGS NEEM NIE.