20 Dinge wat ’n opregte kampeerder nie doen nie.
Deur : Gerhard du Toit aan Lekker kampplekke
20 Dinge wat ‘n opregte kampeerder nie doen nie.
1. Stap nooit deur ‘n mede kampeerder se kamparea nie.
2. Speel nie sy musiek of tv so hard dat sy buurman noodgedwonge moet saamluister nie.
3. Praat nie so hard dat die hele kampplek hom kan hoor nie.
4. Sit nie tot na middernag kliphard om die kampvuur en gesels nie.
5. Staan nie voor sonop op en raas dan almal wat nog slaap wakker net omdat hy nie kan slaap nie.
6. Lag nie met ‘n gebulder vir elke (gewoonlik sy eie) simpel grappie nie.
7. Laat nie sy klein kindertjies die ablusie geriewe op hul eie gebruik nie.
8. Laat nie toe dat sy kinders die ablusie as ‘n speelplek gebruik nie.
9. Stort nie vir ‘n ewigheid en totdat al die warmwater op is terwyl daar ‘n ry mense staan en wag om ook ‘n stortbeurt te kry nie.
10. Bemors nie die wasbak en los dit met baardstoppels en tandepasta nadat hy dit gebruik het nie.
11. Spoel die toilet na gebruik en bemors nie die vloer en mure nie.
12. Rook nie in die toilet en laat dan nog sy stompie,wat hy teen die muur doodgedruk,het op die vloer nie.
13. Bemors nie die stort se vloer en los dit so vir die volgende persoon wat dit wil gebruik nie.
14. Bad nie die baba in die skottelgoed opwasbak nie.
15. Spoel nie die porta potty in die skottelgoed wasbak uit nie.
16. Stuur nie sy kinders om voor iemand anders se tent te gaan speel sodat hy sy middagslapie kan inkry nie.
17. Jaag nie in ‘n kampterein nie.
18. Parkeer nie sy voertuig op of voor ‘n ander kampeerder se perseel nie.
19. Kom nie met die absolute minimum en leen dan alles by mede kampeerders nie.
20. Weet wat dit beteken om jou mede kampeeerders in ag te neem.