10 wenke vir beginners om mooier foto’s te neem

10 wenke vir beginners om mooier foto’s te neem

10 Wenke vir beginners om mooier foto’s te neem

1. KYK JOU ONDERWERP IN DIE OË
Lê op jou maag as jy moet of staan op ’n boks, maar maak seker dat die kamera op dieselfde vlak is as die oë van die persoon of dier wat jy afneem.

2. IN FOKUS
Maak seker dat die kamera op die regte onderwerp gefokus is en nie per ongeluk op die agtergrond nie.

3. BEWEEG NADER
As jou onderwerp nie so groot is nie, beweeg altyd ’n paar treë vorentoe. Maar jy moenie nader as drie treë aan jou onderwerp staan nie.

4. DRAAI DIE KAMERA
Draai soms die kamera op sy kant en neem dan die foto. Jy kan selfs vreemde hoeke gebruik. Al jou foto’s hoef nie horisontaal te wees nie.

5. GEBRUIK ’N EENVOUDIGE AGTERGROND
Besige agtergronde kan jou foto net deurmekaar laat lyk. Maak seker daar is nie te veel goed in die agtergrond nie. Maak ook seker dat daar niks in die agtergrond is wat kan lyk of dit uit die persoon groei nie bv. as die persoon naby ‘n paal of boom staan kan dit lyk of die boom uit die persoon uit groei.

6. NIE IN DIE MIDDEL NIE
Dit wat jy afneem moenie presies in die middel wees nie. Deel die prentjie wat jy deur die lens sien in vier vierkante en plaas die onderwerp in een van daardie vierkante.

7. HOU DIE LIG DOP
Die beste tyd om foto’s te neem is vroeg in die oggend of laat die middag. Gebruik jou kamera se flits as jy buite in die sonlig of in die donker neem. Direkte sonlig maak nooit mooi foto’s nie, daarom moet jy bietjie met lig speel.

8. VERTEL ’N STORIE
Neem mense af sodat dit interessant lyk en nie net ’n klomp mense is wat regop langs mekaar staan nie. Spontane foto’s is altyd die mooiste.

9. HOU JOU HORISON REGUIT
As jy natuurfoto’s neem moet jy altyd kyk dat jou horison reguit is en nie ’n bietjie skuins loop nie.

10. LEES EN OEFEN
Moet nooit ophou lees oor hoe om beter foto’s te neem nie. Moet ook nooit ophou om foto’s te neem nie. Vat jou kamera saam met jou elke dag as jy kan.