VINNIGE VRYDAG VIS
Gradeer die plek

VINNIGE VRYDAG VIS

Bestanddele

3 vismote
250 ml room
1/2 pakkie wituiesop poeier
1 houertjie sampioene
visspesery as jy het
sout en peper
250 ml sterk kaas
1 wieletjie feta

Metode

sny die vis in porsies en sit in jou oondbak
gooi jou sout en peper en visspesery oor
strooi die soppoeier oor
sny die sampioene en gooi oor die vis
gooi jou houer room oor
maak die vis toe met foelie en bak in die oond vir 15 minute by 180 grade celsius
na 15 minute haal die foelie af en strooi jou kaas oor die vis
bak nou oop vir nog 15 minute
Geniet die gereg met chips, groente of rys. Maak n lekker bottel koue witwyn oop en gaan so die naweek rustig binne.

marindakook.co.za