Spek-en-eier-spaghetti
Gradeer die plek

Spek-en-eier-spaghetti

200 g spaghetti
sout
250 g spekvleis
4 eiers
75 g gerasperde cheddar (¾ k)
growwe swartpeper

Metode:
Kook spaghetti tot sag. Spoel af onder lopende koue water. Snipper
spekvleis en braai tot gaar. Voeg spaghetti by, met spekvleis en verhit
stadig tot goed warm. Klits eiers en voeg die kaas by. Roer die
eiermengsel by spaghetti. Verhit stadig totdat eiers romerig gaar is
en kaas gesmelt het en roer af en toe. Geur na smaak met sout en
swartpeper en sit dadelik voor.