MOSSELS IN N ROMERIGE WITWYNSOUS
Gradeer die plek

MOSSELS IN N ROMERIGE WITWYNSOUS

Bestanddele

2 e olie
1 ui, fyn gekap
2 e vars gekapte knoffel
½ k gekapte seldery
½ k gekapte wortels (opsioneel)
1 k droë witwyn
500g mossels, skoongemaak
250ml room
gekapte pietersielie, vir opdien

Metode

Maak die olie warm en braai die uie, knoffel, seldery en wortels ligweg. Gooi die wyn by en kook 2 minute. Voeg die mossels by. Sit die deksel op en stoom die mossels tot dit oopmaak (ongeveer 2-3 minute). Gooi mossels wat nie oopmaak nie, weg. Haal die mossels uit die kookvloeistof en gooi die kookvloeistof deur ‘n fyn sif. Meng die room in by die gesifte vloeistof. Proe die sous en gooi sout en swartpeper by indien nodig. Gooi roomsous oor die mossels. Besprinkel met die pietersiele en bedien met ‘n vars Franse brood.

www.pasella.com/resepte