Vloedbos

Vloedbos

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Caledon 25km
STREEK: Overberg
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: -34.333237, 19.694745
OMGEWING: Plaas

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 46
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja
Swemplek: Kouewater /Warmwater
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak free-wifi

BESKRYWING

Vloedbos

Vloedbos is ‘n pragtige kampplek op ‘n plaas in die hartjie van die Overberg, tussen Caledon en Bredasdorp en sowat 45km vanaf Hermanus. Hierdie kampterrein is ideaal vir ‘n heerlike familie vakansie, want hier is die lys van doendinge sommer lekker lank. Daar is ‘n waterwurm, onderdak verhitte swembad, speletjieskamer, minigholfbaan en braailapa. Vir kinders jonger as 7 jaar is daar ook ‘n miniwaterwurm van 2m lank om op te baljaar. Dit maak nie saak watter kampplek jy by die oord bespreek nie, jy sal nooit meer as ‘n minuut of twee se stap van die ablusieblok of ontspanningsgeriewe wees nie.

Die ablusiegeriewe word pynlik netjies gehou en is in ‘n baie goeie toestand. Daar is aparte ablusie vir die mans en dames. Daar is egter ook ‘n familiebadkamer vir ekstra privaatheid of as jy die kinders almal saam in die bad wil skrop na ‘n lekker dag se kuier en speel op die kampterrein.

Vir kampers se gerief is daar ‘n oordwinkel waar jy lekkernye, hout, ys en ander basiese benodigdhede kan aankoop.

Kom kuier gerus by Vloedbos! Maak vroegtydig jou bespreking, want hierdie oord is baie gewild!

Aanwysings:
Neem die N2 en draai af by Caledon. Ry deur Caledon en neem die R316 (Bredasdorp pad). Ry 30km tot op kruising Standford – Riviersonderend – draai links (Riviersonderend R326). Ry sowat 1.5 km en draai links by die Vloedbos-bord – volg asb die aanwysers.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Grootskerm TV
Kuier lapa
Putt Putt
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Waterwurm
Ander Aktiwiteite Treintjie ritte, paintball, kontant winkel, driving range.

swings stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Familie badkamers
Opwasgeriewe
Porta potty geriewe
Kragpunt
Eie braai
Winkel

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

Tariewe

Tariewe/Rates

Aantal-
Mense
Mid Seisoen
17 Jan. 2018

02 Mei/ 2018
Paasnaweek
29 Maart 2018

1 April 2018
Winter 
03 Mei/ 2018

31 Aug. 2018
Mid Seisoen
01 Sep. 2018

07 Des/ 2018
Vol/ Seisoen
08 Des/ 2018

16 Jan. 2019
Fynbos 10 3000.00 3500.00 3000.00 3000.00 3500.00
Vloedbos 10 2700.00 3000.00 2500.00 2700.00 3000.00
Doringbos 6 1250.00 1350.00 1100.00 1250.00 1350.00
Taaibos 6 1250.00 1350.00 1100.00 1250.00 1350.00
Soetbos 4 950.00 1000.00 850.00 950.00 1000.00
Liefbos 2 800.00 800.00 700.00 800.00 850.00
Tent Cabins 4 850.00 900.00 800.00 850.00 900.00
Kelkiewyn 5 700.00 750.00 600.00 700.00 750.00
Vinkie 4 700.00 750.00 600.00 700.00 750.00
Staanplek | Maks, 6 Mense
Stands | Max 6 Persons
4 400.00 480.00 250.00 400.00 480.00
Staanplek | Per kop ekstra
Stand | Extra per person
1 100.00 120.00 65.00 100.00 120.00
  • Alle pryse is per nag.
  • Ons kamp pryse sluit net 4 mense is.
  • Elke staanplek vat ‘n maksimum van 6 mense.
  • Kinders bo die ouderdom van 4 betaal vol prys.
  • 20% af op midweek besprekings. Vakansiedae uitgesluit
  • All prices are per night.
  • Our camp prices includes 4 persons only.
  • Maximum of 6 persons per stand.
  • Children above 4 years age pays full price.
  • 20% discount for midweek bookings. Public holidays excluded
  • Besprekings tussen Kersfees en Nuwe jaar moet ‘n minimum van 10 nagte wees.
Supertube Pryse/Prices R8.00 per Bandtjie per rit / R8.00 per ride
Supertube Pryse/Prices R120 per persoon per dag vir Supertube en Speedslide / R120 per person per day for Supertube and Speedslide
Supertube Pryse/Prices R240 per persoon per naweek ( 2 Dae ) vir Supertube en Speedslide  / R240 per person per weekend (2 days) for Supertube and Speedslide
Supertube Groepe v 50
Supertube Groups v 50
R180 per persoon per naweek ( 2 Dae ) vir Supertube en Speedslide / R180 per person per weekend (2 days) for Supertube and Speedslide
Supertube Groepe v 30
Supertube Groups v 30
R200 per persoon per naweek ( 2 Dae ) vir Supertube en Speedslide / R200 per person per weekend (2 days) for Supertube and Speedslide
Dag Besoekers
Day Visitors
R150.00 per persoon per dag ( Moet vooraf bespreek ) / R150 per person per day (Must pre-book)
Dag Besoekers
Day Visitors
R270.00 per persoon per dag. Supertube en Speedslide ingesluit ( Moet vooraf bespreek) / R270 per person per day. Includes Supertube and Speedslide  (Must pre-book)
Verjaardag groepe (midweek)
Birthday groups (midweek)
R100.00 per persoon per dag. Supertube en Speedslide ingesluit /  R100 per person per day. Includes Supertube and Speedslide.
Verjaardag groepe (naweke)
Birthday groups (weekends)
R150.00 per persoon per dag. Supertube en Speedslide ingesluit /  R150 per person per day. Includes Supertube and Speedslide.
Pensionarisse (Midweek)
Pensionars (Midweek)
R200.00 per dag vir 2 mense (Naweke en vakansiedae uitgesluit). / R200 per day for two persons. (Excludes weekends and public holidays)
Groepe 15+ (midweek)
Groups 15+ (midweek)
R150.00 per persoon per dag. Supertube en Speedslide ingesluit / R150 per person per day. Includes Supertube and Speedslide.
Groepe 30+ (midweek)
Groups 30+ (midweek)
R100.00 per persoon per dag. Supertube en Speedslide ingesluit /  R100 per person per day. Includes Supertube and Speedslide.
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Wat sê Henry

Kamp by Vloedbos

Oor die jare was ek al bevoorreg om verskeie van Suid Afrika se kampplekke te kon besoek het. Nie almal was iets om oor huis toe te skryf nie, maar ʼn avontuur bly ʼn avontuur. Na ons onlangse besoek aan Vloedbos moet ek bieg dat hierdie stukkie kinder paradys tussen Caledon & Berdasdorp tans na […]

Read More

SELFSORG

FACEBOOK TERUGVOER