Umoya Game Lodge

Umoya Game Lodge

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Warmbad (Bela-Bela) 2km
STREEK: Waterberg
PROVINSIE: Limpopo
GPS: S24.90617 – E28.26809
OMGEWING: Bosveld
TARIEWE VANAF: Vanaf R350.00 Pryslys

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 64
Persone Per Staanplek Onbekend
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – dam
Swemplek Warmwater swembad
Kouewater swembad
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak

BESKRYWING
Beskrywing Umoya is sowat 2km buite Warmbad (Bela-Bela) op die R516 Thabazimbi pad aan die voet van die Waterberg geleë. Hierdie pragtige oord bied kampplekke met privaat ablusie sowel as staanplekke met netjiese gemeenskaplike ablusiegereiwe. Daar is ook 5 tenvolle toegeruste selfsorg tenthuise. Daar is baie aktiwiteite vir oud en jonk, soos die kouewater swembad, die warmwater swembad, putt-putt, speelgrond en ‘n plaaswerf.
Kom geniet die pragtige omgewing waar Umoya geleë is, slegs ‘n uur se ry vanaf Pretoria en sowat 2 ure se ry vanaf Johannesburg. Die oord is geleë in die hartjie van die Bosveld, slegs 2 km buite Warmbad (Bela-Bela)

KARAVAAN STAANPLEKKE:

Privaat ablusie met stort:
Die oord spog met 12 kampplekke met privaat ablusiegeriewe. Hierdie staanplekke het elkeen sy eie stort, toilet, wasbak en was area om jou skottelgoed te was DSTV is beskikbaar, bring asb net jou eie kaart, dekodeerder en TV.

Private ablusie met stort en bad:
‘n Verdere 16 kampplekke is beskikbaar met privaat ablusie. Hierdie staanplekke het elkeen sy eie bad, stort, toilet, wasbak en was area om jou skottelgoed te was DSTV is beskikbaar, bring asb net jou eie kaart, dekodeerder en TV.

Gemeenskaplike Ablusie:
36 kampplekke is beskikbaar met pragtige gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Aanwysings 2 km vanaf Bela-Bela op die Thabazimbi Rooiberg pad
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Grootskerm TV
Hengel
Kuier lapa
Putt Putt
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Swembad – warm en koud
Trampoline
Volleyball
Opblaas glyplank te huur by die winkel
Visvang – vang en laat los
Plaaswerf
Cocktail bar


vis swings swem fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Privaat ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Winkel

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
SELFSORG

4-sleeper-tenthouses

Tipe akkomodasie Safari tente
Selfsorg 4 Slaap Tenthuise:
Hierdie selfsorg tenthuise bied slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid bestaan uit ‘n kamer met ‘n dubbelbed en ‘n tweede kamer met nog 2 enkelbeddens. Die derde vertrek is die badkamer met ‘n sink bad en ‘n privaat buitelug stort. Die tenthuis het ook ‘n klein kombuisie met yskas, ketel en broodrooster in die tenthuis. Buite braaigeriewe is beskikbaar by jou tenthuis.
Kontak persoon Die oordbestuurder
Kontak nommer 076 791 2227
Kontak nommer 014 001 7008
Epos herman@mbizi.co.za
Epos booking1@umoyalodge.co.za