Tkabies

Tkabies

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Keimoes (5km)
STREEK: Groen Kalahari
PROVINSIE: Noord-Kaap
GPS:S 28.705760 E 20.906250
OMGEWING:  Plaas
TARIEWE VANAF: R120.00

Camping

10% Afslag vir Mei 2018

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 4
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Geen
Grondbedeking Gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

selfoon-ontvangstent karavaan campervan honde teerpad

BESKRYWING
Beskrywing Tkabies Kamp bied ‘n onvergeetlike kamp-ervaring. Die Kampterrein is reg langs die N14 na Springbok en maak deel uit van die Kokerboomroete. Die kampplek het 4 staanplekke (4 gaste per staanplek) en is geleë op ‘n produserende wynplaas en is langs die wingerde gelee. Die Kampterrein het vol grasperke en is onder doringbome geleë.
Die ablusiegeriewe is luuks. Die staanplekke het kragpunte, krane en braaigeriewe.
Tkabies Kamp en Selfsorg bied ‘n gerieflike stop tussen die Augrabies Valle, Kgalagadi Transfrontierpark, Springbok, die Richtersveld en die Weskus.
Kom geniet die asemrowende sonsondergange en die kenmerkende Kalahari-gasvryheid!
Roosterkoeke, vleisbraaipakke (bespreek 48 uur vooruit) en hout is op aanvraag beskikbaar. Gedurende die oestyd (tussen Januarie en Maart) word daar ook druiwe en rosyntjies verkoop.
Aanwysings 5 km vanaf Keimoes
By die 4-rigting stop in Keimoes ry vir 7 km op die N14 na Kakamas. Die ingang is aan die linkerkant met klip pilare en banners.
AKTIWITEITE & FASALITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Staproetes
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai & gemeenskaplike braai
Ander Fasiliteite Roosterkoeke, vleisbraaipakke (bespreek 48 uur vooruit) en hout is op aanvraag beskikbaar. Gedurende die oestyd (tussen Januarie en Maart) word daar ook druiwe en rosyntjies verkoop.


stap fietsry

SELFSORG
Selfsorgeenhede: 2
Tipe akkomodasie Kothuise
Selfsorg Daar is 2 Selfsorg-eenhede. Die Visarend en Hadida.
4 persone wat deel.
Hierdie eenhede is tenvolle toegerus met ‘n en suite-badkamer met ‘n stort en volledig toegeruste kombuisie. 1 Dubbelbed en 2 enkelbeddens
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Dorien Botha
Kontak nommer 082 685 2069
Kontak nommer 054 – 4612424

Kostes vir Kamp
R110.00 per volwassene
R50.00 kinders jonger as 12 jaar
Gratis kinders jonger as 6 jaar

Kostes vir Selfsorg
R820.00 per nag vir die eenheid – 4 persone ingesluit
R750.00 per nag vir die eenheid – 3 persone ingesluit
R680.00 per nag vir die eenheid – 2 persone ingesluit
R520.00 per nag vir die eenheid – 1 persoon