Thaba Morula

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Brits (40km) / Sun City (70km) / Pilansberg Wildtuin (70km)
STREEK: Brits
PROVINSIE:  Noordwes
GPS: S 25.382083 E 27.555367
OMGEWING: Bosveld
TARIEWE VANAF: Op versoek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 100
Persone Per Staanplek 5
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Warmwater swembad
Kouewater swembad
Grondbedeking Gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak

BESKRYWING

Thaba Morula

Thaba Morula is ‘n oord in ‘n natuurreservaat op ‘n wildplaas. Daar is 100 grasbedekte kampstaanplekke, almal toegerus met elektrisiteit en waterpunte. Omtrent die helfte van Thaba Morula se staanplekke het skaduwee. Daar is nabygeleë gemeenskaplike ablusiegeriewe en ook individuele badkamers –  Individuele badkamers – as jy die deur agter jou toetrek het jy alleenlik toegang tot die stort, wasbak en toilet. Daar is ook voldoende opwasgeriewe beskikbaar. Die Kampterrein word omring deur ‘n geëlektrifiseerde heining en daar is ‘n sekuriteitswag aan diens. Die oord dien as basis om dagritte te onderneem na Sun City (70km) en die Pilansberg Wildtuin (70km). As jy wil gaan hengel is die Roodekopjies en Vaalkopdamme slegs 3km weg. Kuier gerus by die groot verhitte buitenshuise swembad. Daar is ook plaspoele, jacuzzi’s.

Aanwysings na Thaba Morula
Vanaf Pretoria neem die N4 tolpad. Neem die Brits afrit en draai regs. Ry deur Brits. Na ongeveer 45km neem die afdraai na Rustenburg en draai links. Ry tot by die T-aansluiting en draai links. Thaba Morula is aan regterkant.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Putt Putt
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite VIR DIE KINDERS:
Vroeë oggend-, laat-middag-en nagwildritte word gereël om u kinders gedurende die dag besig te hou. Aktiwiteite soos skattejag, ‘n Uitstappie na Thaba Morula se eie glydraad (foofy-slide) word ook aangebied. Kinders kan ook ons bosveld “super tube”, ‘n verskeidenheid van damme, leteriabaan, hindernisbaan.

AKTIWITEITE: Daar is heelwat om jou mee besig te hou….nagritte, mini-gholf, reuse skaakstel, fietse te huur, wildbesigtiging, borrelbaddens, avontuurbaan, tafeltennis en potspel.


swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Ander Fasiliteite Individuele badkamers – as jy die deur agter jou toetrek het jy alleenlik toegang tot die stort, wasbak en toilet

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
SELFSORG
Tipe akkomodasie
Selfsorg SELFSORG TENT-CHALETS
Thaba Morula spog met ‘n reeks ten volle toegeruste chalets. Daar is 7 oopplan tent-chalets wat tot 4 gaste elk kan huisves. Hierdie chalets het almal lugreëlings en is ook almal toegerus met braaigeriewe.
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 086 299 0299