Seweweekspoort Op die Plaas Kamp

Seweweekspoort Op-die-Plaas KAMP

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Ladismith 48km
STREEK: Sentraal Karoo / Klein Karoo
PROVINSIE:  Wes-Kaap
GPS: S33.36577° E021.32867°
OMGEWING:  Plaas
TARIEWE VANAF: R75

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Ja – dam
Swemplek Dam
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing Op-die-Plaas Kamp is op ‘n pragtige werkende plaas, Sandrivier, geleë. Dit is omring deur die Klein Swartberg aan die een kant en die Elandsberg aan die ander kant. Ons plaas is sowat 8 km vanaf die pragtige welbekende Seweweekspoort af, waar gaste die natuur kan geniet en heerlik ontspan tussen die 20 rivierstrome op hierdie goed versorgde grondpad!

Die kampplekke is almal naby ‘n dam met lekker sitplek op die gras en lieflike bloekombome. Daar is geen elektrisiteit op die kampterrein nie en warm water word deur ‘n gaswarmwatersilinder gegenereer. Die gemeenskaplike ablusieblok het aparte geriewe vir mans en vrouens en albei badkamers beskik oor storte, toilette en wasbakke.

Hout en ys is beskikbaar. Lamtjops, wors en vars plaasbrood is beskikbaar op versoek.

Doendinge op ons plaas sluit die volgende in: melk die koeie, ry saam met die boer om na die beeste en skape te gaan kyk en swem in die plaasdam.

Daar is baie geleenthede vir foto’s te danke aan die voëllewe, die omliggende berge en perde wat vrywei op die plaas. Daar is swartbaars in die dam. Bergfietse en 4×4’s is welkom. Die pad op en oor Elandsberg na Elandskloof is gepas vir avontuurlustiges.

Aanwysings Vanaf N1 Laingsburg ry uit dorp op R323 na Calitzdorp vir 65km tot by die plaas Sandrivier draai links in en ry nog 1.5km tot by Hoofhuis.

Vanaf R62 tussen Ladismith en Calitzdorp draai af by Seweweekspoort bord ry deur Poort en hou links na Laingsburg vir nog so 8km tot by die Sandrivier/Zandrivier borde. Draai daar regs en ry nog 1.5km tot by Hoofhuis.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Bergklim
Hengel
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Konferensie
Gemeenskaplike kombuis
Winkel

kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Kontak
Kontak persoon Jonel Hunlun
Kontak nommer 0762762864
Epos info@seweweekspoort.co.za
Epos info@seweweekspoort.co.za
Webblad www.seweweekspoort.co.za

SELFSORG

SELFSORG
Selfsorgeenhede: 5
Tipe akkomodasie Kothuise
Selfsorg Sandrivier Cottage, 4 slaapkamers, 9 persone R200pppn
Ben’s Cottage, 1 dubbelkamer, 2 persone R600/nag
Art Deco Cottage, 2 kamers, 4 persone R250/nag of kids R120/nag
Olive Cottage, 1 kamer, 2 volwassenes en 2 kinders R250/nag of kids R120/nag
Sundown Cottage, 1 kamer, 2 persone R500/nag


RESENSIES