Mabalingwe Natuurreservaat

Mabalingwe Natuurreservaat

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Bela Bela (Warmbad) (28km)
STREEK: Bela-Bela Waterberge
PROVINSIE: Limpopo
GPS: S 24.8464 E 28.04758
OMGEWING: Natuurreservaat
TARIEWE VANAF: R200.00

Camping

Junie/Julie vakansie lae seisoen tariewe: R130 per staanplek per nag en R70 per persoon per nag.

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 70
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Warmwater swembad
Kouewater swembad
Grondbedeking Geplaveide staanplekke /gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja/wi fi

geen-honde swemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak teerpad

BESKRYWING
Beskrywing By Mabalingwe Game Reserve beleef jy die spreekwoordelike hemel op aarde, hetsy jy ‘n wegbreek naweek beplan, konferensie fassiliteite benodig vir jou maatskappy of dalk ‘n funksie wil reël – Mabalingwe sal in al jou behoeftes kan voorsien. Kom beleef die Africa atmosfeer wat Mabalingwe vir jouk an bied!

Die kampplek is geskik vir beide karavane en tente. Daar is 70 geplaveide kampplekke, waarvan sommige vol skaduwee bied vanaf die omliggende bome. Al die staanplekke het elektriese punte. Daar is oral vullisdromme om die netheid van die park te verseker. Die 3 ablusieblokke is goed toegerus. Een van die ablusieblokke is toegerus met 2 familiebadkamers vir families met kinders.
Geniet die rustigheid van die park. Daar is beide ‘n warmwater en kouewater swembad, ‘n putt putt baan sowel as ‘n speelgrond vir die kinders om te geniet.
Vir kampers se gerief is daar beide ‘n drankwinkel sowel as ‘n winkel vir al die benodigdhede wat dalk by die huis agtergebly het. Daar word ook daagliks vars brood verkoop sowel as wegneemetes en ander geskenkies om jou te herrinner aan jou heerlike kuiertjie by Mabalingwe.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Putt Putt
Speelpark vir kinders
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Warm en kouewater swembad
Besigtigingstoere om die predatore te voer.
Spanbou


swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja
Konferensie: Ja
Winkel: Ja

braai kraanwater krag stortbad

SELFSORG

Verskeidenheid van selfsorg akkomodasie beskikbaar.

BESOEK ONS WEBTUISTE WWW.MABALINGWEGAMERESERVE.CO.ZA EN LOER GERUS NA SEKELBOSGAT, ROOIBOKLAAGTE EN KAYA CHANE, OM NET N PAAR TE NOEM.

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 014 736 9000
Kontak nommer 014 736 9000
Hoog seisoen @ R 180.00 / kampplek & R90.00 pppn
Laag seisoen @ R120.00 / kampplek & R40.00 pppn
Pensionaris (Slegs laag seisoen) R 85.00 / kampplek / nag