Indunduma Vakansieoord

Indunduma Vakansieoord

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Koppies (13km)
STREEK: Noord Vrystaat
PROVINSIE:  Vrystaat
GPS:S 27.257118 E 27.663576
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: Op versoek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 20
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – dam
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING
Beskrywing Hierdie oord is gerieflik geleë in die noordelike deel van die Vrystaat – met ‘n bosveld atmosfeer. Die oord bied ‘n plaas atmosfeer met ‘n verskeidenheid van vakansie akkomodasie onder andere selfsorg eenhede, kampplekke, permanente karavane, B&B, gastehuis en oornagkamers. Slegs 2 ure se ry vanaf O.R. Thambo Lughawe – minder as ‘n uur se ry vanaf Sasolburg / Vanderbijlpark en Vereeniging & 30 min se ry van Kroonstad / Parys / Vredefortkoepel / Heilbron. Indundumo Resort is ook baie naby aan die Koppies Dam en Natuur Reservaat. Die Renoster rivier vloei deur die oord. Indundumo Oord bied ongeveer 20 kampstaanplekke vir tente en karavane. Maksimum van 5 persone per staanplek en een voertuig. Die staanplekke het elektrisiteit. Die ablusiegeriewe word baie netjies gehou. Die storte het ‘n privaat ingang aan die buitekant.
Aanwysings Vanaf N1:
Neem die Koppies/Vredefort afrit. Bestuur vir 8km totdat jy by ‘n stopstraat kom. Draai links by die eerste straat na hierdie stopstraat en ry deur die dorp. Ry oor die laaste vierrigting stop en ry vir ongeveer 100m. Draai regs by die “Koppies Dam” aanwysingsbord. Ry vir ongeveer 12km – Indunduma Vakansieoord sal aan die linkerkant van die pad wees.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Hengel
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Water aktiwiteite
Koppies Dam


vis swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Privaat ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
 
0 /


Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 0797127595
Epos bespreek@lekkerkampplekke.co.za

SELFSORG

SELFSORG
Tipe akkomodasie Rondawels
Stilstaande Karavaan
Ander
Selfsorg LUUKSE CHALETS
Indundumo Oord beskik oor 2 tenvolle toegeruste luukse chalets. Elke chalet het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n koningin-grootte bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens (stapelbed). Die beddens word voorsien met linne. Die eenheid slaap maksimum 4 persone. Die chalet het ‘n oopplan sitkamer / kombuis met dubbeldeure na die stoep/braai area. Daar is ‘n aparte toilet en ‘n badkamer met ‘n stort en wasbak. Die eenhede is tenvolle toegerus met ‘n mikrogolf, vierplaat gasstoof met oond, ‘n dubbeldeur yskas/vrieskas, breekware en eetgerei. Daar is dak waaiers in al die kamers. Veilige parkering. Daar is skoonmaak dienste daagliks – vir opruim van (behalwe openbare vakansiedae en Sondae). (Let wel: die dames maak die oggendete skottelgoed skoon – nie aandete skottelgoed nie).


CARABANA

CARABANA
Indundumo Oord het twee tenvolle toegeruste karavane. Die karavane is opgeknap en die tente is vervang met “logrooms”. Die karavane is toegerus met eetgerei, breekware, linne en komberse, dubbel deur yskas/vrieskas, ‘n wasbak en tweeplaat gasstoof.
Die karavane is geskik vir 4 persone (1 x dubbelbed en 2 enkelbeddens). Die enkelbeddens is slegs geskik vir kinders. Die karavane is gerieflik naby die ablusiegeriewe. Elke karavaan word ‘n privaat stort toegeken by die ablusieblok. Skoonmaakdienste is daagliks beskikbaar vir die karavane en privaat storte.

KLEIN KARAVAAN

KLEIN KARAVAAN MET “ADD ON LOGROOM”
Tenvolle toegeruste karavaan (linne, komberse ens). Daar is ‘n dubbeldeur yskas/vrieskas. Die karavaan het ‘n dubbelbed en twee enkelbeddens.

KAMERS

KAMERS MET EN-SUITE BADKAMERS
Oornagfassiliteite met en-suite badkamers. Geskik vir 2 persone. Hierdie eenhede is nie selfsorg nie. Daar is tee/koffie fassiliteite en ‘n klein kroeg yskassie.