Honey Nest Kampterrein

Honey Nest Kampterrein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek/Selfsorg
NAASTE DORP: 45km na Rustenburg / 8.5km na Derby / 80km na Sun City
STREEK: Derby
PROVINSIE: Noordwes
GPS:S 25.843544 E 27.084799
OMGEWING:  Bosveld
TARIEWE VANAF: R250

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 11
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

geen-honde swemtent karavaan campervan

BESKRYWING
Beskrywing Honeynest Kampplek bied Pragtige staanplekke teen ‘n koppie of langs die spruit. Skaduryke bome, braaifasiliteit en waterpunt vir elke staanplek. Kom kamp weer soos van ouds sonder krag om die kamp-vuur. Unieke ablusieblok met warmwater. Daar is ‘n gemeenskaplike boma .Daar is ‘n klimraam vir die kleintjies en ‘n trampolien vir tieners.
Vir warm dae is daar ‘n plaspoel, reënsambreël en ‘n waterglyplek vir die jongspan.
Interessante voetslaanpaaie bied aan die Stap entoesias die geleentheid om die natuurskoon van naderby te besigtig. Daar is ‘n kort roete vir beginners of krankes.Vir die avontuurlustiges is daar kranse om teen uit te klim n Groot verskeidenheid van voëllewe kom voor  wat dit ideaal maak vir voëlliefhebbers.Vir die bergfiets entoesias is daar grondpaaie tussen die wildsplase deur. Jy hoef nie ‘n kampioentrapper te wees nie, want jy kan besluit hoe ver en hoe rof jy wil gaan. Die langste roete is ongeveer 40 km.
Aanwysings Vanaf Rustenburg op die Magaliesburg pad, verby Olifantsnek dam, dan regs op die R30. Ongeveer 21 km ‘n grondpad regs. Ons bord is daar: The Honeynest Resort”. Draai regs op die pad, en ry vir 6 km. Afdraai na regs, bord is daar. Ongeveer 800 meter by die kamp.

Vanaf Magaliesburg na Koster. As Derby ingaan, onder deur ‘n brug. Na die brug die eerste straat links, die bord wys Rustenburg. Pad maak ‘n halfmaan en kom by T- aansluiting. Dit is die R30. Draai links, ry ongeveer 4 km, grondpad aan linkerkant met bord. Draai af en ry 6 km reguit aan. Afdraai na regs, bord is daar. Ongeveer 800 meter tot by die kamp.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Bergklim
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Trampolien, reensambreel en’n slip-and-slide

VoëLENTOESIASTE
‘n Groot verskeidenheid van voëllewe kom voor wat dit ideaal maak vir voëlliefhebbers.

FIETSRY
Vir die bergfiets entoesias is daar grondpaaie tussen die wildsplase deur. Jy hoef nie ‘n kampioen trapper te wees nie, want jy kan besluit hoe ver en hoe rof jy wil gaan. Vir die wat wil oefen is die langste roete 50 km.

STAPPERS
Interessante voetslaanpaaie bied aan die stap entoesias die geleentheid om die natuurskoon van naderby te besigtig. Daar is ‘n kort roete vir beginners of krankes en Vir die avontuurlustiges is daar langer roetes.


swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Donkie vir stook van water
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Eie braai
Winkel
Ander Fasiliteite Kiosk met hout en ys te koop

braai kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
 
0 /


Previous
Next
SELFSORG
Selfsorgeenhede: 1
Tipe akkomodasie Ander
Selfsorg Pragtige selfversorgende chalets in pragtige tuine.
Elke chalet se kombuis is ten volle toegerus met stowe, mikrogolwe, ketels, yskaste en breekware.
Daar is ook ‘n skinkbord met koffie,tee en beskuit.
Die slaapkamers is toegerus met pragtige linne en die badkamers met handdoeke en sepies.
Afsonderlike braaiplekke vir elke chalet.
Swembaddens en Lapa areas is beskikbaar vir almal.
Chalets het elektrisiteit.

IRIS CHALET– Slaap 3 volwassenes R600 per nag
1 Slaapkamer met koningin grootte bed
1 enkelbed in woonkamer
1 Badkamer met stort
Oopplan woonkamer/ eetkamer en kombuis

ROOS CHALET slaap 2 volwassenes en 1 kind R550 per nag
1 slaapkamer met dubbelbed
1 slaapbank in woonkamer
1 badkamer met stort
Oopplan woonkamer en kombuis

PLAASHUIS slaap 8 volwassenes R1600 per nag Hoofslaapkamer met dubbelbed
2 Slaapkamers met elk 2 enkelbeddens
2 enkelbeddens in woonarea
1 Badkamer met toilet en bad/stort
1 toilet
1 kombuis
Oopplan woon en eetkamer

KONTAK
Kontak persoon Die eienaar FANIE
Kontak nommer 071 659 6596
Kontak nommer 082 222 2313