Gourits River Guest Farm

Gourits River Guest Farm

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Albertinia
STREEK: Tuinroete
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS:  -34.136399, 21.717052
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R125 – R540

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 8
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Ja – rivier
Swemplek Rivier
Grondbedeking Gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing
Gourits River Guest Farm lê in die hartjie van die Tuinroete en het uitsigte oor die pragtige Gouritsrivier, die vallei en die Langeberge. Ons streef daarna om ons gaste so tuis as moontlik te laat voel terwyl hul hulself verlustig in die rustige atmosfeer op die plaas.

Die sonsondergange, getjilp van voëltjies, alwynbloeisels en die veraf geroep van visarende maak verblyf by Gourits River Guest Farm onvergeetlik en uniek.

Ons bied ‘n groot verskeidenheid doendinge: kanovaarte, bergfietsry (bring asseblief jou eie fiets), 4×4- en vierwielmotorfietsavonture (eie motorfietse), visvang, swem, voëlkyk en stap.

Die gastehuis se kombuis is volledig toegerus met ‘n oond, mikrogolf, yskas en al die ander toebehore wat jy benodig. Een van die drie slaapkamers het ‘n en suite-badkamer en die ander twee slaapkamers deel ‘n badkamer. ‘n Lapa, stoep, kaggel, eetarea en ‘n swembad is ook beskikbaar.

Kom geniet die pragtige natuurskoon, op die wal van die Gouritsrivier – slegs sowat 16km vanaf Albertinia in die Suid-Kaap. Hierdie kampterrein is ideaal vir kampeerders en gaste wat ‘n blaaskansie wil kom geniet in die pragtige Tuinroete.

Daar is 6 kampplekke en elke kampplek kan 6 persone akkomodeer. Daar is ‘n gemeenskaplike ablusieblok met storte, wasbakke en aparte toilette. Die staanplekke is geskik vir tente, karavane en boswaens. Daar is ook gemeenskaplike braaiareas.

Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite om te geniet soos staproetes, visvang, kano, voëlkyk, swem, quad bike roetes en pragtige roetes om met jou voertuig te verken.

AANWYSINGS:
Vanaf Kaapstad: Draai links na Albertinia (Stasie Straat).  Draai regs in Hoofstraat (FNB sal voor jou wees).  Draai links by die eerste 4-rigtingstop en neem die grondpad vir ongeveer 5km.  Draai regs by die eerste Gourits River Guest Farm padteken.  Na ongeveer 5 km draai jy regs by die volgende Gourits River Guest Farm padteken.  Na ongeveer 6km sal jy jou bestemming bereik op die walle van die Gouritsrivier.

Vanaf George: Draai regs 1.7km na die Gouritsriver brug op die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia (‘n Gourits River Guest Farm padteken is langs die hek).  Volg die pad vir sowat 8km tot by jou bestemming op die walle van die Gouritsrivier

AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Bergklim
Hengel
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Kanoe


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek

kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
 
0 /


Previous
Next
KONTAK & TARIEWE
Kontak persoon Ryna Sauerman
Kontak nommer 0763980892
Kontak nommer 0287352429
Epos gouritsriverguestfarm@gmail.com

1 Desember – 5 Januarie
1 persoon: R420
2 persone: R420
3 persone: R420
4 persone: R420
5 persone: R495
6 persone: R495

Res van die jaar:
Volwassenes:
1 persoon: R 110
2 persone: R210
3 persone: R250
4 persone: R290
5 persone: R330
6 persone: R370

Kinders:
0-2 jaar: R0
3 – 11 jaar: R 30
12 – 17 jaar: R50

Selfsorg Tariewe:
LOW SEASON HIGH SEASON (Nov – Feb)
1 Person: R 295 1 Person: R 300
2 People: R 590 2 People: R 600
3 People: R 860 3 People: R 890
4 People: R 970 4 People: R 1050
5 People: R 1080 5 People: R 1200
6 People: R 1190 6 People: R 1330