Eikebos

Eikebos

Eikebos is ‘n pragtige en intieme kampplek op ‘n werkende plaas, Dwaalhoek.  Sowat 4 km vanaf die R406, tussen Caledon en Greyton.   Daar is sowat 7 kampplekke onder reuse akkerbome.  Al die kampplekke het elektrisiteit.  ‘n Rustige stroompie vloei naby die kampplek.  Die ablusiegeriewe is regtig baie mooi en netjies.  Daar is ‘n lapa met binnebraai.  Hierdie kampplek is ideaal vir groepbesprekings vir ‘n verjaarsdag, familie saamtrek of selfs ‘n intieme troue.

BESIGHEDE