Drakensville

Drakensville

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Bergville (40km)
STREEK: Drakensberg / Bergville
PROVINSIE: KwaZulu-Natal
GPS:S 28.613120 E 29.124420
OMGEWING: ATKV
TARIEWE VANAF: KLIEK HIER

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Warmwater swembad
Kouewater swembad
Grondbedeking Gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde swemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak free-wifi teerpad

BESKRYWING
Beskrywing Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele by die Drakensberge!

Met net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n half uur van Durban af, lê ATKV-Drakensville-vakansieoord naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n wêrelderfenisgebied.

ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese landmerke en bied toegang tot talle toeristeaantreklikhede in die omgewing.

Die oord het ’n verskeidenheid akkommodasie, avontuur-aktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.

Die Drakensville-kampeerterrein beskik oor geplaveide staanplekke en welige grasperke toegerus met uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Elke staanplek het ’n 15 amp-kragpunt en eie braaigeriewe.

Aanwysings Aanwysings vanaf Johannesburg:
Neem die N3 na Durban. By Harrismith, neem jy die 2de afrit (Spur Village / BP Garage aan regter kant) Bethlehem N5. Ry vir sowat 4.5 km en draai links af by die afdraai – R712 Qwa-Qwa / Phuthaditjhaba – Alternatiewe roete Durban. Ry ‘n verdere 8.5 km en draai links af by die afdraai na Bergville R74. Drakensville Bergoord is sowat 43 km aan die onderkant van die Oliviershoekpas geleë. By die eerste kruising na die pas draai jy links. (Aan regterkant sal die afdraai wees na die Noordelike Drakensberg). Ry 2 km en by die stopteken draai jy regs. Ry vir nog ‘n 1 km en by die toegee-teken draai jy weer regs. Ry ‘n verdere 2 km langs die kanaal totdat jy by ‘n bruggie kom, draai links oor die brug en Drakensville Bergoord se ingang sal ongeveer so 100m verder wees aan jou regterkant wees.

Aanwysings vanaf Durban:
Neem die N3 na Johannesburg. Neem die Colenso / Bergville R74 afrit. (Dit is die eerste afrit na die Estcourt Shell Ultra City). Draai links en ry deur Winterton en dan ook deur Bergville. Drakensville Bergoord is sowat 28 km vanaf Bergville. Draai regs by die padaanwysing na Drakensville. Ry sowat 8 km verder met die pad. Drakensville Bergoord se ingang sal aan jou linkerkant wees.

Aanwysings vanaf Bloemfontein:
Neem die N1 vanaf Bloemfontein. By Windburg neem jy die Senekal N5 afrit na Harrismith. Draai regs op die R712 Qwa-Qwa / Phuthaditjhaba / Bergville pad – Alternatiewe roete na Durban. Ry ‘n verdere 8.5 km en draai links af by die afdraai na Bergville R74. Drakensville Bergoord is sowat 43 km verder aan die onderkant van die Oliviershoekpas geleë. By die eerste kruising na die pas draai jy links. (Aan regterkant sal die afdraai wees na die Noordelike Drakensberg). Ry 2 km en by die stopteken draai jy regs. Ry ‘n verdere km en by die toegee-teken draai jy weer regs. Ry ‘n verdere 2 km langs die kanaal totdat jy by ‘n bruggie kom, draai links oor die brug. Drakensville Bergoord se ingang sal ongeveer 100m verder wees op regterkant.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Putt Putt
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Verhitte swembad
Swembad en plaspoel
Potspel
Ponie- en perderitte
Speletjieskamer
Diereplaas
Rugby


swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Winkel
Ander Fasiliteite Die restaurant bied heerlike buffet- en a la carte-etes.
Wegneemetes kan by die geriefswinkel op die oord bestel word.
OTM
Skoonheidssalon

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Lidmaat NR.Slegs vir lede
ID NR.Slegs vir lede
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 036-4386287

SELFSORG

SELFSORG
Tipe akkomodasie Kothuise
Ander
Selfsorg ATKV-Drakensville bied ’n wye verskeidenheid huisvestingopsies in die asemrowende Drakensberge. Alle eenhede word daagliks gediens, is gerieflik gemeubileer en ten volle toegerus met DSTV.

Bed-en-ontbyt-kamers:
Driestergradering met 1 slaapkamer (enkel of dubbel) vir 2 persone met ’n en suite-badkamer. Etes word in die restaurant op die oord verskaf.

Selfsorghuise:
Twee- en driestergradering vir 4 tot 6 persone. Huise bestaan uit 2 of 3 slaapkamers, ’n kombuis, sitkamer, 1 toilet en 1 badkamer. Huise is ten volle toegerus en gemeubileer. Badhanddoeke word verskaf.

Selfsorgwoonstelle:
Driestergradering met 1 slaapkamer (2 enkel of 1 dubbel) vir 2 persone. Oopplankombuis met eethoekie en ’n en suite-badkamer met stort. Ten volle gemeubileer met eetgerei, yskas/vrieskas, tweeplaatstoof en mikrogolfoond.