Dinokeng Resort

Dinokeng Resort

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Pretoria (45km) Hammanskraal (17km)
STREEK: Pretoria
PROVINSIE: Gauteng
GPS: S 25.350400 E 28.402900
OMGEWING:  Bosveld
TARIEWE VANAF: R400 
Pryslys van Kampplek

Camping

GELDIG vanaf 1 Mei tot 30 Augustus)
Teen R360 per staanplek per nag vir 4 mense en 1 voertuig, elke staanplek het n braaier, kragpunt en kraan. R450 per staanplek per nag vir n privaat ablusie. R2750 per maand vir pensionarisse. Kom ontspan in die natuur
Slegs geldig vir nuwe besprekings by Dinokeng Resort

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 33
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja (vang en laat los)
Swemplek: Warm en Kouewater swembaddens
Grondbedeking: Gras/grond
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja
visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Dinokeng Resort

Dinokeng Resort grens aan die Boekenhoutskloofspruit en is geleë in Welgevonden, langs die Dinokeng Natuurreservaat. Die kampplek bied ‘n regte bosveld ondervinding. Daar is sowat 33 kampplekke met krag. 4 Persone per staanplek.  Behalwe die kampplekke, bied Dinokeng Resort ook aan die besoeker selfsorg eenhede en lodge kamers. ‘n Paar van die kamers is naby die verskeie swembaddens, die dam en rivier.  ‘n Vyfster ontbyt word bedien en die diens is van hoogstaande gehalte.  Al die eenhede het hul eie privaat badkamer.

 Aanwysings
Vanaf Desember sal daar ‘n waterglybaan beskikbaar wees vir oud en jonk om te geniet en daar is ook 4 swembaddens om in af te koel. Die mobiele spa is ‘n groot trekpleister. Hierdie oord is die ideale plek vir jou volgende familiesaamtrek of om sommer ‘n bietjie in die Bosveld te kom ontspan.
AKTIWITEITE
Bergfiets roetes
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem (4 swembaddens)
Voëlskyk
Wildkyk (bespreek vroegtydig) 
Visvang (Boekenhoutkloofspruit)
Waterglybaan 
Mobiele spa (bespreek vroegtydig)

swings stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Ja
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Ja
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee
Winkel: Ja

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak

Dinokeng Resort

Kontak nommer
063 771 6856

Kontak nommer
079 892 5027

Pryslys van Kampplek

Selfsorg inligting

Uitleg van oord

Dinokeng Resort

Kom ruil ‘n verkeers opeenhoping vir ‘n welvediende wegbreek slegs 45 minute vanaf Pretoria. Die reuk van koffie om ‘n bosveld vuur terwyl die sonbesies al singend ‘n mens wakker skree. Kom beleef die bosveld op sy beste by die gesogde Dinokeng resort. Dinokeng Resort spog met selfsorg-eenhede, ‘n toegeruste kampterrein asook talle luukselodgekamers. Swembaddens, bergfiets roetes, visvang damme,wildsritte en ‘n mobiele spa is ‘n paar van die talle aktiwiteite wat Dinokeng Resort so spesiaal maak.

Dinokeng Oord is beslis ‘n moet vir enige gesin wat spesiale familietyd wil geniet, ‘n paartjie wat opsoek is na ‘n romantiese wegbreek of enige vakansieganger wat die stad wil ruil vir salige rus. Dinokeng Resort is ook ‘n spog bestemming waar ‘n romantiese troudag gaste se monde sal laat oophang, terwyl die sonsak speel-speel tussen die bome deurskyn. Bekostigbare tariewe, natuurskoon en talle aktiwiteite sorg vir ‘n onvergeetlike wegbreek so tussen Suid-Afrika se Groot Vyf.

SELFSORG

SELFSORG
Tipe akkomodasie: Selfsorg Kothuise,Lodge
 TLOU/SC1: Hierdie huis beskik oor 2 slaapkamers.  Elke kamer het sy eie en-suite badkamer.  Die hoof slaapkamer het ‘n koning-grootte bed en ‘n viktoriaanse bad, toilet en wasbak.  Die tweede slaapkamer het ook ‘n koning-grootte bed en die en-suite badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.  Hierdie eenheid maak ook voorsiening vir ekstra gaste om in die leefarea op 2 enkelbeddens te slaap.  Daar is ‘n vuurherd in die leefarea vir die kouer aande in die winter.  Die kombuis is groot en gerieflik ingerig met ‘n 6th Sense oond, mikrogolf, stoof en breekware.  Beddegoed word voorsien.  Hierdie eenheid het sy eie boma/braai area wat uitkyk oor die dam.  Gaste het ook die gerief dat die eenheid daagliks gediens word.

NARE/SC2: Hierdie huis is ‘n klein juweel en perfek vir vriende, paartjies of families wat saam wil kuier.  Die huis het 2 slaapkamers met ‘n gedeelde vol badkamer en aparte toilet.  Die hoof slaapkamer het ‘n koning-grootte bed wat uitgaan na ‘n stoep met ‘n tafel en 2 gemakstoele.  Die stoep kyk uit oor die pragtige tuin.  Die tweede slaapkamer het ook ‘n koning-grootte.  Albei kamers is ruim met genoeg pakplek in die kaste.  Die kombuis is tenvolle ingerig met ‘n stoof, mikrogolf, yskas en eetgerei.  Daar is ‘n  vuurherd in die leefarea vir die kouer aande in die winter.  Hierdie eenheid het sy eie boma/braai area in die tuin.  Beddegoed word voorsien en die eenheid word daagliks gediens.

TAU/SC3 &NKWE/SC4: Hierdie huis het 2  slaapkamers, elkeen met sy eie en-suite badkamer.  Die hoof slaapkamer het ‘n koning-grootte bed en die en-suite het ‘n bad, stort, toilet en wasbak.  Die twee slaapkamer het ook ‘n koning-grootte bed sowel as ‘n enkelbed.  Die en-suite het ‘n stort, wasbak en toilet.  Hierdie eenheid maak ook voorsiening vir ‘n ekstra gas om in die leefarea op ‘n enkelbed te slaap.  Die kombuis is oopplan met ‘n stoof, mikrogolf en eetgerei.  Hierdie eenheid het sy eie boma/braai area wat uitkyk oor die dam.  Beddegoed word voorsien en die eenheid word daagliks gediens.

TSHUKUDU/SC5: Hierdie huis het 2 slaapkamers en ‘n vol badkamer.  Albei kamers het ‘n dubbelbed.  Die eenheid het ‘n kombuis met ‘n yskas, stoof, mikrogolf en eetgerei.  Die slaapkamers het genoegsame pakplek in die kaste.  Hierdie eenheid het sy eie boma/braai area in die tuin.  Beddegoed word voorsien en die eenheid word daagliks gediens.

KUBU/SC6 & PHALA/SC7: Hierdie eenheid is oopplan met ‘n dubbelbed, en-suite badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak.  Die kombuis is ruim en toegerus.  Daar is ‘n ekstra enkelbed in die leefarea waarop ‘n kind kan slaap.

LODGE KAMERS:

LODGE KAMERS:

NOKO: (Wittebrood)Hierdie Lodge kamer staan bekend as die “Honeymoon Room”.  Die kamer het ‘n dubbelbed met es-suite Spa-bad, wasbak en toilet.  Koffie/tee stasie in die kamer.

KOLOBE: (Onderste vlak)Hierdie lodge kamer het ‘n dubbelbed met ‘n en-suite badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet.  Koffie/tee stasie in die kamer.

THOLO: (Boonste vlak) Hierdie kamer os op die boonste vlak van die lodge.  Die kamer het ‘n dubbel bed met ‘n en-suite badkamer met ‘n bad, wasbak en stort.  Koffie/tee stasie in die kamer.  Die kamer kyk uit oor die tuin en die boma area.

KUKAMA: Hierdie kamer is op die boonste vlak van die lodge.  Die kamer het ‘n dubbelbed met en-suite bad, stort, wasbak en toilet.  Koffie/tee stasie in die kamer.  Die patio kyk uit oor die tuin.  Hierdie kamer kan saam met Tholo gekombineer word vir ‘n groter familie en vriende.