Crodinie Kamp

Crodinie Kamp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam (20km)
STREEK: Overberg
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: -34.160550, 20.461672
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R50

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 10
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Buite seisoen
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Meeste staanplekke
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Nee
Sekuriteit: Baie veilig

vis grondpad swem honde  selfsorg karavaan tent

BESKRYWING
Beskrywing Crodinie is ‘n klein kampplek langs breerivier. Baie skaduwee, geen krag. Steil afdraand na die kampplek. Dit is toeganklik vir karavane maar dan moet jy ‘n 4×4 hê om jou die bult uit te sleep. Baie voels, lekker stapplekke. Goeie ablusie. Baie vis, veral karp en barber. Hout en ys kan gekoop word. Melk is beskikbaar op plaas. Ys en vriesgeriewe beskikbaar by plaashuis wat 1 km van die kamp is. Hier ontspan jy, en ‘n naweek voel soos ‘n maand. Stilte, rus en vrede. Hoor die visarend roep, kyk vir die groot kaapse ooruil wat waghou oor die kamp, en luister snags na die naguiltjies wat mekaar geselskap hou. Geen ander plek is die sterre so helder nie. Roei op die rivier, lees ‘n lekker boek, luister na die simfonie van klank om jou.

Geen honde  oor skoolvakansies, langnaweke en Paasnaweek nie.

Bring jou eie rooster, drinkwater en toiletpapier saam asseblief.

Aanwysings Op die N2 met die Kaap agter jou sal jy 9km voor Swellendam ‘n afdraai na regs kry: MALGAS/INFANTA. Draai daar af. Ry slegs 1,5km en draai weer lings op die NAPKYSMOND PAD. Ry 9,5km en draai lings af by HA KEMP EN SEUNS. Volg die pad tot by die huis en rapporteer. Jy is nou 1,5km van die kampplek af.
AKTIWITEITE en FASILITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem in diep poele waarin heeerlik afgekoel kan word.
Ander Aktiwiteite Roeibootjies waarmee in die rivier geroei kan word

Groot verskeidenheid voels vir die voelkykers.

Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Familie badkamers
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe

Solar ligte by ablusie en karavane

Bring jou eie rooster, drinkwater en toiletpapier saam asseblief.

vullis-blik toilette stortbad kraanwater  braai

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak Besonderhede
Kontak persoon Hanli Kemp
Kontak nommer 082 787 3398
Epos kempcrodinie@gmail.com

Ons verwag dat al die kampers mekaar in ag sal neem wanneer hulle hier is. Geen musiek en na 11 in die aand moet dit rustig wees.
Elke ouer is verantwoordelik vir die veiligheid van sy kinders.
Jul kan vanaf 12uur arriveer en as jul Sondag vertrek is dit 10uur- as daar nie ander kampers op dieselfde plot inkom nie, kan jul laat vertrek.
As mense uitgaan moet ons eers skoonmaak voor nuwe kampers inkom (Veral die karavane)

Selfsorg Beskrywing

LAPA

Selfsorgeenhede: 4
Tipe akkomodasie Stilstaande Karavaan
Lapa:  Toegeboude karavaan met groot onderdak kuierplek en Kaggel

Dubbelbed en enkelbed (SLAAP 3)

Eie badkamer

Daar is stoele op die stoep en n braai onder dak.  Eetgerei maak voorsiening vir 6.  Daar is n gasyskas

Al die beddens word oorgtrek met n paslaken. U bring eie beddegoed en kussings.
Almal maak gebruik van die ablusie. Daar is solar ligte.

R500 per nag

Kolgans:

Kolgans:  klein karavaan met n sement vloer onder dak.
Daar is solar ligte en eie eetgerei. 1 Dubbelbed (Slaap 2)

Daar is stoele op stoep en daar is ‘n gasyskas.

Al die beddens word oorgtrek met n paslaken. U bring eie beddegoed en kussings.
Almal maak gebruik van die ablusie. Daar is solar ligte.

R350 per nag

Vintage:

Vintage: n Lekker kamp ervaring met mooi uitsig op rivier
karavaan met dubbelbed, enkelbed en en hangbed vir kleuter en kampbed in tentarea

Tent voor karavaan (Slaap 4) Hy het eetgerei vir 4 en het stoele in tentarea.

Al die beddens word oorgtrek met n paslaken. U bring eie beddegoed en kussings.
Almal maak gebruik van die ablusie. Daar is solar ligte.

R300 per nag

Uilenes:

Uilenes:  Groot karavaan met 2 dubbelbeddens

Groot onderdak area  (Slaap 4) Daar is stoele op die stoep en hy het sy eie eetgerei met gasyskas.

Groot buite area langs karavaan vir kuier

Al die beddens word oorgtrek met n paslaken. U bring eie beddegoed en kussings.
Almal maak gebruik van die ablusie. Daar is solar ligte.

R400 per nag