Buffelspoort ATKV

Buffelspoort ATKV

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Rustenburg
PROVINSIE: NoordWes
GPS: -25.758053, 27.487702
OMGEWING: ATKV-oord
TARIEWE VANAF: R200

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek: 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Nee
Swemplek: Warmwater swembad Kouewater swembad
Grondbedeking:  Geplaveide staanplekke & Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid:  Teer
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja

teerpad  swem swem-onder-afdak geen-honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING
Beskrywing
Staanplekke op grasperke onder skaduryke bome of geplaveide staanplekke met skadunet, kragpunt en braaigeriewe. Uitmuntende opwas- en ablusiefasiliteite. Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort-vakansieoord. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed-toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons vierbed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede … die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.
Aanwysings
Aanwysings Na Kampplek: Ongeveer 40km vanaf Hartbeespoortdam op die R104 (ouPretoia/ Rustenburg pad) en sowat 25 km vanaf Rustenburg op die N4 tolpad na Pretoria.
AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV: Ja
4×4 Roete: Nee
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Putt Putt: Ja
Gholf Ja
Hengel: Nee
Voëlskyk:
 Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Waterwurm: Ja
Springmatte: Ja

vuurmaak swings swem-binne stap restaurant fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Ja
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja
Konferensie: Ja

toilette-alles vullis-blik toilette stortbad kraanwater  braai Konferensie  krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Lidmaat NR.Slegs vir lede
ID NR.Slegs vir lede
Previous
Next

Kontak persoon  Oord bestuur
Kontak nommer  +27 14 572 1000

Selfsorg Beskrywing

SELFSORG

Magalies-villas: Die nuutste toevoeging tot ATKV-Buffelspoort se akkommodasie is die luukse en moderne Magalies-villas wat elk uit 3 slaapkamers vir ses persone; ’n oopplan-kombuis en leefarea; 2 badkamers en patio met ingeboude braai bestaan. Dié eenhede het ook lugversorging

Rondawels: Standaard of luuks met ’n badkamer, volledig-toegeruste kombuis en televisie met DSTV

Tenthuise: Bestaan uit 4 beddens en ’n badkamer, met of sonder kombuis. Gemeenskaplike kombuis beskikbaar vir die eenhede wat nie hul eie kombuis het nie.

RESENSIES