HOLDFAST FIETSRAK

HOLDFAST FIETSRAK

Holdfast Fietsrak

Ons het gaan kyk watter Holdfast fietsrak gaan voldoen aan ons behoeftes en het besluit op die Holdfast hangrak.
Die Holdfast hangrak is ‘n fietsrak wat met groot gemak genoeg plek het vir 3 tot 4 fietse, wat dit gerieflik maak vir die hele gesin. Die rak is stewig en maklik om te gebruik.

Die hangrak word eenvoudig net bo-op die sleepstang geplaas en vasgedraai met een bout. Daar is ook plek waar die hangrak oor die sleepstang kom om dit met ‘n slot te sluit.

Veilige rubberklampe word gebruik om die fietsraam vas te trek. Vastrekbande moet ook gebruik word om te verseker dat die fietswiele en ander fietsdele goed vasgetrek word.

Die Holdfast hangrak is so ontwerp dat dit plat opgevou en maklik weggepak kan word.

Ons het die Holdfast hangrak gaan toets op ‘n grondpad en was baie beïndruk oor hoe stewig die rak is. Die fiets het nie onnodig rondgeskuif nie en dus was my voertuig gewaarborg van geen skrape of “beserings” nie.

Holdfast het reeds meer as 30 jaar se ondervinding en is die verskaffers van verskillende tipe fiets drarakke, dakrakke en verdere toerusting wat daarmee gepaard gaan. Vir meer inligting besoek die webblad www.holdfast.co.za