GESMOORDE LAMSKENKELS
Gradeer die plek

GESMOORDE LAMSKENKELS

Bestanddele

2 e olyfolie<
8 lamskenkels
1 ui, grofgekap
5 e koekmeel
4 knoff elhuisies, platgedruk (los die skil aan)
4 vars roosmaryntakkies
3 e tamatiepuree
450 ml rooiwyn
1,4 hoenderaftreksel (nie te sterk aangemaak nie)

Metode

Verhit die olie oor mediumhoë hitte in ’n groot, oondvaste kastrol of ’n groot, stewige roosterpan waarin al die skenkels sal pas. Verbruin die skenkels oraloor. (Braai ’n paar op ’n slag.) Plaas eenkant.
Plaas die ui in die leë kastrol/pan, verlaag die hitte en braai liggies vir 10 minute. (Voeg ’n skeut water by as die uie begin vassit.) Roer die meel, knoffel, roosmaryn en tamatiepuree by en hou aan roer terwyl dit vir 30 sekondes kook. Roer die wyn en dan die aftreksel geleidelik by.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Skep die skenkels terug in die kastrol/pan en pak dit só in dat dit met soveel moontlik vloeistof bedek word. Bring tot kookpunt, sit ’n deksel op of bedek dig met foelie en plaas in die oond. Bak vir 1½ tot 1¾ uur of totdat die lamsvleis sag is en van die been loskom).
Skep die gaar skenkels in ’n groot opdienskottel en maak met ’n paar lae foelie dig toe om dit warm te hou. Plaas die kastrol/pan oor hoë hitte op die stoof. Laat vir 20 minute borrel of totdat die vloeistof redelik dik en glansend is. Giet dit deur ’n sif.
Giet van die vleissous oor die skenkels en sit dit saam met die orige sous voor.

www.goeiehuishouding.co.za