Front Runner

Front Runner

Front Runner

Front Runner is ‘n een-stop winkel vir al die 4×4 en kamp entoesiaste en bied jou ‘n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte.

Dakrakke
Front Runner se Slimline II dakrak is die basis om jou voertuig voor te berei vir ‘n goeie avontuur. Daar is meer as 50 bybehore wat gevoeg kan word by hierdie dakrak en daarom is die Front Runner se Slimline II dakrak die ideale toevoeging tot jou voertuig.
Front Runner se Load Bars is ook ‘n goeie keuse om jou toerusting te vervoer. Die load bars is ook “off-road rated.”

Tente, awnings, kampkombuise, stoele en tafels
Omskep jou kampplek in ‘n lekker gemaklike kuierplek. Front Runner bied ‘n verskeidenheid van toerusting om jou kos voor te berei of om ‘n gesellige tyd in die natuur deur te bring.

Stoorplek
Maak optimaal gebruik van die spasie in jou voertuig met Front Runner se verskeidenheid stoor variasies. Front Runner bied ‘n verskeidenheid sakke, bokse, laaisisteme en glysisteme. Daar is ook ‘n verskeidenheid apparate om jou toerusting of bagasie vas te trek en seker te maak dat jou bagasie veilig saam met jou by jou bestemming uitkom.

Watertenke & monteer apparate, storte, pype en pompe
Dit is altyd wys om ‘n goeie voorraad water saam te neem as jy oppad is na ‘n verafgeleë, dorre omgewing. Front Runner bied vir jou ‘n verskeidenheid opsies vir die stoor en gebruik van water.

Jerry kanne, houers en brandstof tenke
Weereens is dit wys om ekstra brandstof byderhand te hê as jy oppad is na ‘n verafgeleë area – jy wil nie uit brandstof hardloop oppad of terug van jou bestemming nie!

As jy in die Kyalami, Johannesburg area is, gaan loer gerus in by die Front Runner vertoonlokaal.