Cremora tert
Gradeer die plek

Cremora tert

3 koppies Cremorapoeier
1½ koppies kookwater
1 blikkie kondensmelk
halwe koppie suurlemoensap
1 pakkie Tennisbeskuitjies

• Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik)
• Klop met klitser tot styf.
• Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
• Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.
• Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.
• Dit is beter as u ‘n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.
• Ek het hierdie gebruik as ‘n nagereg vir ‘n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee