CAMPWORLD SE BRAAIBROODJIES BIED ‘N SMAAK SENSASIE

CAMPWORLD SE BRAAIBROODJIES BIED ‘N SMAAK SENSASIE

Campworld 3D logo

JAN BRITS SE WEN BRAAIBROODJIE  RESEP  KLIK HIER

Deur : ‎CELESTE HEWETT van CH COMMUNICATIONS

Die eerste Campworld Braaibroodjie Uitdaging is onlangs beslis by die 2017 Beeld Vakansie Skou. ‘n Paneel van smaak beoordeellaars het lippe afgelek vir die lekkerste roosterbroodjies in die land en die top twaalf braaibroodjie finaliste se kreatiewe skeppings was ten toon gestel by die Campworld Braaibroodjie Finaal. Hierdie finaliste is gekies vanuit die streekskompetisie wat gedurende November en Desember 2016 by Campworld handelaars gekies is.

Welbekende sjefs, Alison Kiewit en Hanno van Eeden van Diep in die Berg restaurant in Pretoria is opgekommandeer om die 12 Braaibroodjie finalis-resepte na te doen en die paneel van beoordeelaars het ‘n moeilike taak gehad om die wenners te kies. Jan Brits van Limpopo het weggestap met die Braaibroodjie kroon en wen ‘n Campworld koopbewys ter waarde van R5000. Tracy Graham – die finalis van Sunseeker Alberton neem die tweede plek in en wen ‘n Campworld koopbewys vir R2500. In die derde plek wens ons Andre Greyling van Nelspruit geluk met sy prys van ‘n R1000 koopbewys.

Drie hoera’s vir die suksesvolle Campworld lip-lekker Braaibroodjie kompetisie wenners!