APPELKOOSSUURLEMOENHOENDER
Gradeer die plek

APPELKOOSSUURLEMOENHOENDER

Bestanddele

1 x 1.5 kg hoender, verkieslik vrylopend
3-4 e appelkooskonfyt
1 e droë sjerrie
1 e heuning
5 t sojasous
1 t gemmer, gerasper
1 blokkie hoenderekstrak
1 e mielieblom
2 e suurlemoensap
2 salotte of sprietuie, gekap

Metode

Vryf die hoender met ‘n bietjie sout. Verhit die konfyt, sjerrie, heuning, sojasous en gemmer in ‘n kastrol. Roer aanhoudend tot die mengsel borrel en haal van stoof af. Los die hoenderekstrak op in ½ koppie kookwater en gooi in ‘n vuurvaste bakskottel met ‘n deksel. Plaas hoender daarin met rug na bo en verf die konfytmengsel bo-oor. Bak 30 minute teen 180°C (as jy bang is dat dit brand, hou die deksel vir die eerste 30 minute op). Draai hoender om, smeer met die mengsel onder in die skottel en bak nog 45 minute of tot gaar.

Haal hoender uit skottel, plaas op ‘n opdienbord en hou warm. Skep 3 e van die mengsel in die skottel en los die mielieblom daarin op. Gooi terug in die skottel saam met die suurlemoensap en ‘n bietjie water indien nodig. Roer oor hitte tot dik en borrelend. Voeg gekapte salotte by en giet oor die warm hoender.

www.pasella.com/resepte