,

Aloe Canyons Guestfarm and Wildlife

Aloe Canyons Guestfarm and Wildlife

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Swellendam 30km
STREEK: Overberg
PROVINSIE:  Wes-Kaap
GPS:  -34.240753 20.373627
OMGEWING:  Plaas
TARIEWE VANAF: R100 per persoon vir die eerste 2 persone, dan R50 per persoon vir die res, akkomodeer 6 mense maximum

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 2
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Rivier
Grondbedeking Grond/sand
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

swemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing Aloe Camping het 2 kampeer staanplekke beskikbaar. Dit is op ‘n plaas gelee, naby Swellendam, Malagas en De Hoop Natuurreservaat. Elke kampplek het sy eie waterpunt, maar daar is geen krag. Daar is ‘n groot lapa met ‘n binne en buite braai gelee op ‘n klein standhoudende brakriviertjie.

Die lapa en die ablusieblokke is toegerus met sonkrag en die ablusieblokke is toegerus met gasgeysers.

Daar is ook opwasgeriewe met warm water.

Die kampplek bied ook ‘n ossewa met ‘n queensize bed, met ‘n wasbak en lopende water binne-in die ossewa.

Mens kry baie die “Namibie” gevoel, daar daar geen gras is nie. Daar is asemrowende dierelewe: otters, ystervarke, dassies, meerkatte en ‘n groot verskeidenheid voellewe.

Hierdie kampplek is ideaal vir mense wat absoluut die natuur in sy rou element wil ervaar, en daar is genoeg aktiwiteite rondom vir die wat bietjie meer van die omgewing wil geniet.

Dis ook perfek vir mense wat dalk ‘n familiesaamtrek of verjaardagfunksies wil hou.

Die riviertjie het vissies in, so kinders kan hulle vermaak met die vang daarvan. Dit bied ook heerlike stapgeleenthede en fietsryers het ‘n hele wye wereld om vol te ry.

Aanwysings Vanaf Kaapstad op die N2, 13km voor Swellendam kry jy die Spitskop afdraai (of De Hoop Natuurreservaat). Neem daardie afdraai (op ‘n grondpad) vir 15km en op jou linkerhand kry jy Aloe Camping.
Aktiwiteite & Fasiliteite
AKTIWITEITE & FASILITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Kajak
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Eie braai


swem stap fietsry

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
KONTAK
Kontak persoon Marthie Giliomee
Kontak nommer 0836554716
Epos giliomee@wispernet.co.za
SELFSORG
Tipe akkomodasie OSSEWA
Selfsorg Die Ossewa’ is selfcatering, ten volle toegerus met braaiplek en kombuisgeriewe. Het ‘n queensizebed binne met ‘n wasbak met lopende water. Het sy eie volledig toegeruste kombuis. R700 per nag vir 2 mense vir die eerste nag, vir twee en meer dae R500 per nag vir 2 mense.

aloe-camping-5

RESENSIES

,

Chris-Elle

Chris-Elle

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam (8.9km)
STREEK:Overberg
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: -34.044963, 20.534952
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R185

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 5
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Nee
Toeganklikheid:  Teer
Selfoon Ontvangs: Ja

vis teerpad swem geen-honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Beskrywing

Chris-Elle bied pragtige kampeering en selfsorg akkomodasie, slegs 8.9km vanaf die historiese dorp, Swellendam. Die selfsorg kothuis en unieke CampOVan’s is slegs sowat 80m vanaf die Buffeljagsrivier. Chris-Elle is die ideale oornagplek vir gaste oppad of na Kaapstad op die N2.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Voëlskyk: In die omgewing
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Ander Aktiwiteite
By Chris-Elle kan gaste meer leer oor die Sugar Bridge se interessante geskiedenis. Kom sluit jou dag af met ‘n heerlike skemerkelkie op die rivierwal, terwyl jy wag vir die trein om verby te stoom. Julle kan ook help om die hoenders, eende, ganse, springbokke en Choppie, die klein varkie, te voer.

vuurmaak stap restaurant off-road fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja / Nee
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Nee
Konferensie: Ja
Trou Lokaal
Kom beleef jou troudag by ons pragtige troulokaal, slegs sowat 80m vanaf die Buffeljagsrivier en met die pragtigste uitsigte oor die Langeberge. Chris-Elle is op ‘n plaas slegs sowat 8.9km buite Swellendam. Daar is genoeg akkomodasie vir jou gaste in die omgewing. Neem jou troufoto’s op die wal van die rivier, tussen die olyfbome of by die historiese Sugar Bridge.
Chris-Elle bied die dienste van 3 geleentheidsbeplanners tot jou beskikking om jou troudag te beplan. Ons verskaf die lokaal met ‘n kontantkroeg, ‘n gerieflike kombuis, stoele en lang tafels. Jy kan ‘n spysenier en beplanner van jou keuse gebruik.

vullis-blik toilette stortbad petrol parkering kraanwater  braai Konferensie  krag

WAT Sê DIE MENSE

Faye V 
With spouse/partner
Cute caravan in a unique location.
The place was really unique! In the morning you will see a lot of antilope and the sweet pig who we really loved. The caravan is clean and you have everything you need. The showers are good as well! We would stay here again!

Wendy H 
Family with young children
Beautiful setting and value for money.
A beautiful setting. Well-equipped chalet.

Loraine J 
With spouse/partner
Baie rustig en stil en pragtig
Heerlike groot vertrekke en baie goed toegerus. Ongelukkig is die stort ‘n bietjie nou. Braai-area is lekker rustig.

Pierre L 
With spouse/partner
Rustig en sentraal.
Pragtig groen, baie wild en waarde vir geld.

Lourens S 
With spouse/partner
Baie aangenaam om in die Camp-o-van te oornag
Dit was baie lekker om in die netjies ingerigte karavaan te oornag.

Lorraine M 
Individual traveler
Rustig en gemaklik.
Was nogal opgewonde om in die Camp-o-van te slaap, en was elke sent werd.

Annette T 
With spouse/partner
Ons verblyf in die karavaan was spesiaal.
Ek het my lewensmaat verras vir sy verjaarsdag en ons het werklik die omgewing en gasvryheid geniet.

Theo J 
With friends
Friendly owners.
A nice cottage to stay in with beautiful nature and a river to view.

Jacques S 
With spouse/partner
Rustigheid het ons oorval en ons het heerlik die aand gebraai.
Die plekkie is tog te pragtig. Baie netjies en met smaak gemeubileer. Ons sal beslis weer gebruik maak van die eenheid.

Rosalind R 
My suster en ek het dit terdeë geniet.
Sal weer teruggaan. Hopelik vir ‘n langer tydperk. Baie dankie. Pragtige plek. Lekker atmosfeer. Vriendelike gasvrou. Uitsig asemrowend. Baie mooi herinneringe.

Sandra D 
With spouse/partner
Ons het lekker gerus, die stilte waardeer en ook die mooi omgewing.
Ons ervaring van Chris-Elle Cottage was baie goed. Die plek is geleë op ‘n baie mooi plek en die rustige en stil omgewing laat mens regtig rus. Ons het die diere op die plaas geniet (Springbokke) en ook lekker gehengel in die rivier. Swellendam is gerieflik naby vir inkopies. Wilna se diens was voortreflik. Ons beveel die rusplek regtig aan.

Philippus H 
With spouse/partner
Met aankoms het ons die sleutel ontvang, als het vlot verloop, vriendlike, baie tuis gevoel.
Chris-Elle Cottage is ‘n rustige plekkie om af te pak. Vriendelike mense, netjies versorgde gastehuis/tuin/grasperke. Ons het heerlik met die eienares gesels oor die onthaal-venue, met die dat ons ‘n dogter het wat op trou staan. Sommer net ‘n lekker ontspanne atmosfeer.

Elzanne B 
With spouse/partner
Pragtige en rustige ligging. Vriendelike ontvangs. Naby aan restaurante en dorp geleë.
Ons het heerlike ontspan by Chris-Elle. Pragtige omgewing met die mooiste springbokke op jou voorstoep. Naby aan Swellendam. Veilige omgewing. Sal dit beslis aanbeveel vir ‘n wegbreeknaweek

Annelise N 
With spouse/partner
Rustig en heerlik!
Alles rondom die verblyf op Chris-Elle was 110% die moeite werd, die akkommodasie en omgewing was “stunning” en ek sal dit definitief aanbeveel vir elkeen wat ‘n wegkomkansie nodig het. Sal defnitief weer gaan kuier!

Jan Oosthuizen O 
With spouse/partner
Ongelooflike drie dae van saligheid.
Hoogs aanbeveel. Netheid, rustigheid en vrede.

Kobus O 
With spouse/partner
Most enjoyable stay
Owner even opened gate for us and we received friendly welcome. Most enjoyable stay. Will be recommended to all our friends

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next

Kontak:  0827730645

VOLWASSE: R80 pp/nag
KIND: 3-12jr: R40 pp/nag
KIND: 0-3jr: Gratis

Selfsorg Beskrywing

Kothuis

bedSelfsorg Eenhede beskikbaar

Kothuis
Hierdie eenheid slaap 4-5 gaste.
Hierdie unieke losstaande kothuis het ‘n eenvoudige landelike gevoel. Die eenheid het ‘n dubbelbed en slaapbank in die oopplan-kombuisarea. Daar is 2 enkelbeddens in die slaapkamer. Linne en handoeke word voorsien, sowel as ‘n waaier, elektriese kombers en haardroeër. Die TV het beperkte DSTv-kanale. Die badkamer beskik oor ‘n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Gaste het toegang tot die braai-area buite en vuurmaakhout word voorsien.
Volwassenes R275.00 pppn
Kinders (4-12jaar) R180.00 pppn
Kinders (0-3jaar) Gratis

CampOVan

CampOVan
Slaapplek vir 2 gaste. 2 Karavane beskikbaar. Elke karavaan is pragtig gerestoureer en toegerus met beddegoed, handdoeke en braaigeriewe. Die karavaan beskik oor ‘n kombuisie met ‘n tweeplaatstoof. Die eethoekie kan omskep word in ‘n dubbelbed. Gaste maak gebruik van die ablusieblok wat sowat 30 m vanaf die karavane. Geen kinders. Die CampOVan is ‘n ideale oornagplek vir gaste oppad of na Kaapstad.
CampOVan one – R185.00 pppn
CampOVan two – R195.00 pppn

,

Umshanti

Umshanti

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam (12km) Buffeljagsrivier
STREEK: Overberg
PROVINSIE:
Wes-Kaap
GPS:
S 34.022549 E 20.541271
OMGEWING:
Rivier, Dam, Plaas
TARIEWE VANAF:
R80

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 3
Persone Per Staanplek: 10
Troeteldiervriendelik: Met reelings
Visvang: Ja
Swemplek:  Rivier / Dam
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit:Nee

vis grondpad swem honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Beskrywing
Umshanti is n rustige kampplek met 3 kamp staanplekke. Die meeste staanplekke het skaduwee en elkeen het ‘n 3×3 m afdak Daar is baie spasie en gras. Pragtige uitsig oor die dam en Langeberge. Ski-bote is welkom, die dam is ideaal vir enige watersport. Dit is 2 km grondpad vanaf die N2. Hier is ook 5 bekostigbare selfsorgkothuise as ook ‘n konferensiekamer wat oor die dam uitkyk. Kom ontspan saam met vriende en familie om die kampvuur, of, indien jy ‘n spesiale naweek beplan saam met jou geliefde

Aanwysings
Umshanti is 220 km vanaf Kaapstad.
Ry op die N2 in George se rigting.
9 km na Swellendam sal jy ‘n “Sparrebosch” padteken sien.
Draai links en ry 2 km grondpad.
Draai weer links by die “Umshanti” bord.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV: Ja
4×4 Roete: Ja / Nee
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Wateraktiwiteite: Ja
Bootritte
Microlight vlugte

watersport vuurmaak visvang swings stap off-road fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe:
Privaat Ablusiegeriewe:
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers:Nee
Donkie vir stook van water:Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja
Konferensie: Ja

vullis-blik toilette stortbad kraanwater krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next

Selfsorg Beskrywing

Windgat

Selfsorg Eenhede beskikbaar Vanaf: R220pp
Windgat
Windgat het 4 kamers. Kamer 1 het ‘n dubbelbed, kamer 2 het 2 enkelbeddens en kamers 3 en 4 het elk 3 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en beddegoed is verskaf. Daar is slegs 1 badkamer in die kothuis, maar daar is 4 storte en 2 toilette in ‘n aparte gebou tussen die kothuise.

Hardegat

Hardegat
Hardegat het 4 kamers. Kamer 1 het ‘n dubbelbed, kamer 2 het 2 enkelbeddens en kamers 3 en 4 het elk 3 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en beddegoed is verskaf. Daar is slegs 1 badkamer in die kothuis, maar daar is 4 storte en 2 toilette in ‘n aparte gebou tussen die kothuise.

Tweegat

Tweegat
Tweegat het 4 kamers. Kamer 1 het ‘n dubbelbed, kamer 2 het 2 enkelbeddens en kamers 3 en 4 het elk 3 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en beddegoed is verskaf. Daar is slegs 1 badkamer in die kothuis, maar daar is 4 storte en 2 toilette in ‘n aparte gebou tussen die kothuise.

Draaigat

Draaigat
Draaigat het 4 kamers. Kamer 1 het ‘n dubbelbed, kamer 2 het 2 enkelbeddens en kamers 3 en 4 het elk 3 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en beddegoed is verskaf. Daar is slegs 1 badkamer in die kothuis, maar daar is 4 storte en 2 toilette in ‘n aparte gebou tussen die kothuise.

Gypsy cottage

Gypsy cottageGypsy cottage
Die Gypsy kothuis is privaat en bietjie primitief. Daar is ‘n dubbelbed en ‘n oopplan-kombuisie. Die kombuis is volledig toegerus met ‘n vries-/yskas, gasstoof en al die die nodige eetgerei en breekware. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is ‘n buite-stort en kampeertoilet voor langs die houtdek. Daar is gemaklike hout stoele by die braai op die grasperk. Pragtige uitsig.

Chapel

ChapelChapel
Die Chapel is ‘n pragtige en intieme selfsorghut, perfek vir ‘n paartjie. Kom ontspan op die houtdek en geniet die ondelooflike uitsigte oor die dam en berge wat voor jou uitstrek. Die kombuis is ten volle toegerus, en beddegoed en handdoeke is verskaf. Daar is ‘n braaiplek buite.

Slapgat

Slapgat
Slapgat het 5 kamers. Kamers 1 en 2 het elk ‘n dubbelbed, kamer 3 het 2 enkelbeddens en kamers 4 en 5 het elk 3 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en beddegoed is verskaf. Daar is slegs 1 badkamer in die kothuis, maar daar is 4 storte en 2 toilette in ‘n aparte gebou tussen die kothuise.

, ,

Crodinie Kamp

Crodinie Kamp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam (20km)
STREEK: Overberg
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: S 34.239689 E 20.500584
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R50

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 10
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Buite seisoen
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Nee
Sekuriteit: Baie veilig

vis grondpad swem honde  selfsorg karavaan tent

BESKRYWING
Beskrywing Crodinie is ‘n klein kampplek langs breerivier. Baie skaduwee, geen krag. Steil afdraand na die kampplek. Dit is toeganklik vir karavane maar dan moet jy ‘n 4×4 hê om jou die bult uit te sleep. Baie voels, lekker stapplekke. Goeie ablusie. Baie vis, veral karp en barber. Hout en ys kan gereel word. Melk is beskikbaar op plaas. Ys en vriesgeriewe beskikbaar by plaashuis wat 1 km van die kamp is. Hier ontspan jy, en ‘n naweek voel soos ‘n maand. Stilte, rus en vrede. Hoor die visarend roep, kyk vir die groot kaapse ooruil wat waghou oor die kamp, en luister snags na die naguiltjies wat mekaar geselskap hou. Geen ander plek is die sterre so helder nie. Roei op die rivier, lees ‘n lekker boek, luister na die simfonie van klank om jou. . .
Aanwysings Op die N2 met die Kaap agter jou sal jy 9km voor Swellendam ‘n afdraai na regs kry: MALGAS/INFANTA. Draai daar af. Ry slegs 1,5km en draai weer lings op die NAPKYSMOND PAD. Ry 9,5km en draai lings af by HA KEMP EN SEUNS. Volg die pad tot by die huis en rapporteer. Jy is nou 1,5km van die kampplek af.
AKTIWITEITE en FASILITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Roei

Groot verskeidenheid voels vir die voelkykers.

Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Familie badkamers
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Eie braai

vullis-blik toilette stortbad kraanwater  braai

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Kontak Besonderhede
Kontak persoon Hanli Kemp
Kontak nommer 082 787 3398
Epos kempcrodinie@gmail.com

Selfsorg Beskrywing

LAPA

Selfsorgeenhede: 4
Tipe akkomodasie Stilstaande Karavaan
Lapa:  Toegeboude karavaan met groot onderdak kuierplek en Kaggel

Dubbelbed en enkelbed

Eie badkamer

R500 per nag

Kolgans:

Kolgans:  klein karavaan met dubbelbed

Groot onderdak

R350 per nag

Vintage:

Vintage:  karavaan met dubbelbed, enkelbed en hangmat

Tent voor karavaan

R300 per nag

Uilenes:

Uilenes:  groot karavaan met 2 dubbelbeddens

Groot onderdak area

Groot buite area langs karavaan vir kuier

R400 per nag

,

KamBati Rivieroord

Kam’Bati Rivieroord

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam (20km)
STREEK: Overberg
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS:S 34.079945 E 20.285904
OMGEWING: Rivier,Dam, Plaas
TARIEWE VANAF: R165

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 96
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier  Kouewater swembad
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja /WIFI
Sekuriteit: Ja

vis grondpad swem geen-honde  selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

KamBati Rivieroord

Kam’Bati is geleë op ‘n Overbergse plaas 20 km wes van Swellendam. Die Sonderend- en Breederivier vloei verby die eiendom met grasryke kampeerterreine met elektrisiteit en skoon ablusiegeriewe. Die oord is baie veilig, gerieflik en rolstoelvriendelik – ook kindervriendelik! Die swembadarea is ‘n groot aantrekkingskrag. Kom kuier hier vir ‘n onvergeetlike vakansie of naweek!

Aanwysings
Vanaf Swellendam, neem die N2 in die rigting van Kaapstad vir sowat 20km. Draai af by die Kam’Bati / Kennels / Jubileeskraal afdraai aan jou regterkant . Volg die 3km grondpad en bordjies tot by die kampterrein.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV: Ja
4×4 Roete: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes:  Ja
Putt Putt: Ja
Hengel: Ja
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Wateraktiwiteite: Ja
Springmatte: Ja

watersport vuurmaak visvang swings swem-binne stap restaurant off-road fietsry boot 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Ja
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Konferensie: Ja

toilette-alles vullis-blik toilette stortbad kraanwater  braai Konferensie  krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Selfsorg Beskrywing

Cabin 1

bedSelfsorg Eenhede beskikbaak 

Cabin 1
Hierdie eenheid is selfsorg en ideaal vir ‘n paartjie wat heerlik wil kom ontspan. Hierdie eenheid is aan die kant van ‘n pragtige dam geleë en slegs ‘n klipgooi van die Breederivier. Die eenheid beskik oor een slaapkamer met ‘n en-suite badkamer. Die leefarea en private braai-area is gemaklik ingerig en die kombuisie is volledig toegerus. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
R615.00 per nag

Cabin 2

Cabin 2
Hierdie eenheid is ideaal vir ‘n gesin van vier persone. Die eenheid beskik oor ‘n dubbelbed, twee stapelbeddens, ‘n kombuisie en ‘n badkamer – alles oopplan en in een kamer. Die eenheid is sowat 70m vanaf die rivier en teen ‘n aalwyn-rif geleë en bied pragtige uitsigte oor die plaas en Langeberge.
R725.00 per nag

Cabin 3 / 4 / 5

Cabin 3 / 4 / 5
Hierdie eenhede is ideaal vir ‘n gesin van vier persone. Elke eenheid beskik oor twee slaapkamers en een badkamer met ‘n oopplan leefarea wat uitvloei op ‘n privaat braai area. Die kombuis is tenvolle toegerus vir 4 persone. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. DSTV in die leefarea. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
R1100.00 per nag

Cabin 6

Cabin 6
Hierdie eenheid is geskik vir ‘n klein familie en bestaan uit 1 slaapkamer met ‘n dubbelbed (slaap 2) en een badkamer. ‘n Oopplan leefarea met ‘n tenvolle toegeruste kombuisie loop uit op ‘n stoep.our stoep. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
R725.00 per nag

Kontak Besonderhede
Kontak persoon
Loret
Kontak nommer  0797127595

RESENSIES