, ,

Oranjerus Vakansieoord

Oranjerus Vakansieoord

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Upington (25km) Keimoes (15km)
STREEK: Upington / Keimoes / Oranjerivier
PROVINSIE: Noord-Kaap
GPS:S 28.63798 E 21.11551
OMGEWING: Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: Op versoek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Ja – rivier
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing Oranjerus bied ‘n lowerryke kampterrein met grasbanke tot teen die Oranjerivier. Al die kampplekke is toegerus met elektrisiteit. Die ablusiegeriewe is luuks en het ‘n 4 ster gradering. Daar is ook ‘n rolstoel vriendelike badkamer by elk van die ablusie blokke. Die selfsorgeenhede is goed toegerus en wissel vanaf luukse eenhede tot ekonomiese klas akkomodasie. Die restaurant is beskikbaar vir middag- & aandetes.
Aanwysings N14:
Ry vanaf Upington of Keimoes. Neem die Kanoneiland afdraai(ongeveer 25km). Ry oor beide die brue oor die Oranje rivier. Draai links op die R359. Oranjerus is sowat 1, 8km verder.N10:
Upington- Groblershoop. Neem die R359 (Louisvale pad) in ‘n suidelike rigting vir 25km.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Bergklim
Hengel
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Water aktiwiteite (Bring jou eie boot, kano of jet-ski)
Dry met binnebande op die rivierNaby die oord:
Verhuring van klein 4wiel motorfietse
Oranjerivier Wynkelders – wynproe
BAZALEL (Privaat brandewyn stoker) – Bied toere aan


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Konferensie
Gemeenskaplike kombuis
Winkel
Ander Fasiliteite 4 Ster gradering
Restaurant en kroeg met dek op die rivier

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Navrae word direk aan die oord gestuur

SELFSORG
Tipe akkomodasie Hout Hutte
Kothuise
Safari tente
Selfsorg Luukse chalets – grasdakke – uitsig oor rivier – 2 slaapkamers (een kamer n dubbelbed en ander kamer 2 enkelbeddens) met badkamer, kombuis en sitvertrek met braaiplek op die stoepie.

River chalets – sinkdakke – uitsig oor rivier – 2 slaapkamers (een met dubbelbed en ander kamer 2 enkelbeddens) met badkamer en kombuis. Braaiplek los voor chalet gebou.

Log cabin – Oopplan cabin op die rivier. Dubbelbed met sleepercouch, badkamer en kombuis met n hoer vlak bereikbaar met houttrappies waar 2 enkelbeddens is (ideaal vir gesin met jong kinders).

Permanente tente – Elk het 2 enkelbeddens met beddegoed en handdoeke. Elektisiteit. Ketel met 2 bekers Nie n selfsorg eenheid. Maak gebruik van ablusie wat deel uitmaak van kampterrein.

2 x Budget chalets – Oopplan chalets – Elk met n dubbelbed en 2 enkelbeddens in een kamer met badkamer en kombuis.

Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 082 772 5896
Epos oranjerus@mweb.co.za
, , ,

Oppi-Eiland

Oppi-Eiland

TIPE AKKOMODASIE: Selfsorg
NAASTE DORP: Kakamas (11km) / Augrabies Watervalle (28km)
STREEK: Oranjerivier
PROVINSIE: Noord-Kaap
GPS: -28.686280, 20.482028
OMGEWING: 
TARIEWE VANAF: R250.00 pppn

Camping

Beskrywing

OORSIG
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Ja – rivier
Swemplek Geen
Grondbedeking NVT
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

visswemselfoon-ontvangs honde teerpad

BESKRYWING
Beskrywing Oppi-Eiland bied ‘n selfsorg eenheid op ‘n eiland tussen 2 strome van die Oranjerivier. Die eenheid is geleë op ‘n privaat plaas en is ideaal vir gaste wat op soek is na ‘n rustige wegbreek van die besige stad. Die eenheid is tussen die wingerde, so 100m vanaf die Oranjerivier.Die eenheid is gerieflik 11km vanaf die N14 geleë en bied oornagplek vir besoeke aan die Noord Kaap oppad na die Kgalagadi Oorgrenspark, Augrabies Nasionale Park, Richtersveld, Namakwaland blomme, Riemvasmaak en die Weskus.

Oppi Eiland Selfsorg is in 1973 as ‘n Sendingkerk gebou wat in die 1980’s in onbruik verval het. Die kerkie is later jare omskep in ‘n selfsorg eenheid.
Hierdie eenheid kan maks 6 persone huisves en beskik oor 2 slaapkamers wat elk ‘n dubbelbed en ‘n enkelbed het. Die kombuis het ‘n gas yskas/vrieskas, tweeplaat-gasstoof en breekware en eetgerei. Daar is 1 badkamer. Die stort en toilet is buite langs die eenheid. Daar is nie 220 V-elektrisiteit nie, maar gas vir warm water, herlaaibare ligte en geriewe om jou selfoon te laai. Daar is parkeerplek vir voertuie voor die eenheid.Daar is ook ‘n braai-area buite onder ‘n ou kameeldoringboom wat ouer as 800 jaar is en bied dus lekker skadu vir die warm dae.

By Oppi-Eiland kan gaste die pragtige sonsondergange en verskeie voëlspesies, soos die visarende bewonder. Daar is ook heelwat vir gaste om te doen, soos bootvaarte op die Oranjerivier, bergfietsry, staproetes visvang en 4×4-roetes. Piekniek mandjies kan voorsien word op versoek.

SELFSORG
Selfsorgeenhede: 1
Tipe akkomodasie Kothuise
Selfsorg Hierdie eenheid kan maks 6 persone huisves en beskik oor 2 slaapkamers wat elk ‘n dubbelbed en ‘n enkelbed het. Die kombuis het ‘n gas yskas/vrieskas, tweeplaat-gasstoof en breekware en eetgerei. Daar is 1 badkamer. Die stort en toilet is buite langs die eenheid. Daar is nie 220 V-elektrisiteit nie, maar gas vir warm water, herlaaibare ligte en geriewe om jou selfoon te laai. Daar is parkeerplek vir voertuie voor die eenheid.
Daar is ook ‘n braai-area buite onder ‘n ou kameeldoringboom wat ouer as 800 jaar is en bied dus lekker skadu vir die warm dae.
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Fasiliteite Eie braai


BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 082 779 4033