Oranjerus Vakansieoord
Kampplek Beskrywing
Kamp Staanplekke | |
Persone Per Staanplek | |
Troeteldiervriendelik | Vooraf reëling |
Visvang | Ja – rivier |
Swemplek | Kouewater swembad |
Grondbedeking | Gras |
Skaduwee | Gedeeltelik |
Toeganklikheid | Grondpad |
Selfoon Ontvangs | Ja |
Beskrywing | Oranjerus bied ‘n lowerryke kampterrein met grasbanke tot teen die Oranjerivier. Al die kampplekke is toegerus met elektrisiteit. Die ablusiegeriewe is luuks en het ‘n 4 ster gradering. Daar is ook ‘n rolstoel vriendelike badkamer by elk van die ablusie blokke. Die selfsorgeenhede is goed toegerus en wissel vanaf luukse eenhede tot ekonomiese klas akkomodasie. Die restaurant is beskikbaar vir middag- & aandetes. |
Aanwysings | N14: Ry vanaf Upington of Keimoes. Neem die Kanoneiland afdraai(ongeveer 25km). Ry oor beide die brue oor die Oranje rivier. Draai links op die R359. Oranjerus is sowat 1, 8km verder.N10: Upington- Groblershoop. Neem die R359 (Louisvale pad) in ‘n suidelike rigting vir 25km. |
Aktiwiteite | Bergfiets roetes Bergklim Hengel Kuier lapa Speelpark vir kinders Staproetes Swem |
Ander Aktiwiteite | Water aktiwiteite (Bring jou eie boot, kano of jet-ski) Dry met binnebande op die rivierNaby die oord: Verhuring van klein 4wiel motorfietse Oranjerivier Wynkelders – wynproe BAZALEL (Privaat brandewyn stoker) – Bied toere aan |
Fasiliteite | Gemeenskaplike ablusiegeriewe Rolstoel badkamers Opwasgeriewe Kraan by staanplek Kragpunt Eie braai Konferensie Gemeenskaplike kombuis Winkel |
Ander Fasiliteite | 4 Ster gradering Restaurant en kroeg met dek op die rivier |
Tipe akkomodasie | Hout Hutte Kothuise Safari tente |
Selfsorg | Luukse chalets – grasdakke – uitsig oor rivier – 2 slaapkamers (een kamer n dubbelbed en ander kamer 2 enkelbeddens) met badkamer, kombuis en sitvertrek met braaiplek op die stoepie.
River chalets – sinkdakke – uitsig oor rivier – 2 slaapkamers (een met dubbelbed en ander kamer 2 enkelbeddens) met badkamer en kombuis. Braaiplek los voor chalet gebou. Log cabin – Oopplan cabin op die rivier. Dubbelbed met sleepercouch, badkamer en kombuis met n hoer vlak bereikbaar met houttrappies waar 2 enkelbeddens is (ideaal vir gesin met jong kinders). Permanente tente – Elk het 2 enkelbeddens met beddegoed en handdoeke. Elektisiteit. Ketel met 2 bekers Nie n selfsorg eenheid. Maak gebruik van ablusie wat deel uitmaak van kampterrein. 2 x Budget chalets – Oopplan chalets – Elk met n dubbelbed en 2 enkelbeddens in een kamer met badkamer en kombuis. |
Kontak persoon | Die Bestuurder |
Kontak nommer | 082 772 5896 |
Epos | oranjerus@mweb.co.za |